`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 118

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Lameg op soek na Henog. Die verhelderende woorde van die Heer tot Lameg. Lameg se dwase, bittere woorde aan syne

118 Veral Lameg het gevind dat Henog hierdie keer te lank weggebly het en daarom het hy self na buite gegaan om te sien waarmee Henog dan wel besig was.

2. Maar hy het vergeefs die hele hoogte afgeloop en Henog nêrens gevind nie. Hy het ook bodes in alle rigtings uitgestuur; selfs na die laagte het hy bodes gestuur om te soek.

3. Dit was egter tevergeefs, want Henog was nêrens meer onder die lewendes op aarde aan te tref nie.

4. Toe het Lameg en ook die weinige ander nog lewende vaders gedink dat Henog miskien gesterf het. Daarom het Lameg aan elkeen gevra of iemand iets daarvan geweet het.

5. Maar elke ondervraagde het sy skouers beslis opgehaal en gesê dat niks sedert die vorige Sabbat van Henog gesien is nie.

6. `n Hele jaar lank het mense oral gesoek; maar niemand het ook maar in die minste iets geweet van wat daar met hom, naamlik Henog gebeur het nie.

7. Lameg, wat nog in die laagte geleef het, het uitgebreide soektogte laat onderneem; maar toe hy reeds tienduisend bodes uitgerus het, het die Heer tot hom gepraat:

8. “Doen geen vergeefse moeite soos die dwases op die hoogte nie, want sien, Ek het Henog, soos Ek hom beloof het, met liggaam, siel en gees na My toe gebring! Daarom kan jy hom nou wel oral soek, maar jy sal hom nooit vind nie! Rus twee bodes uit en stuur hulle met dié berig na die hoogte, sodat my dwase kinders te hore kry waarheen Henog gegaan het!”

9. Na hierdie mededeling het Lameg sy grootse soekprojek gestop en slegs die twee aangewese bodes met die mededeling wat van My ontvang is, na die hoogte gestuur en het deur hulle aan Lameg op die hoogte verkondig wat hy van die Heer verneem het.

10. En toe Lameg op die hoogte berig daardie ontvang het, was hy verbyster, soos ook bykans alle kinders op die hoogte; want ten eerste was Henog, volgens hulle begrip, ook so goed as gesterf en van die aarde verdwyn, en ten tweede was daar niemand in die plek van Henog as hoëpriester aangestel nie.

11. Toe het Lameg tot die hele menigte gepraat: “Luister, my broers en kinders, en ook julle enkele oorgeblewe vaders! Die Heer het nou ook vir Henog, wie ons almal `n jaar lank vergeefs gesoek het, na Hom toe geneem of gedood, soos Hy dit nou reeds met baie van ons gedoen het.

12. Hy het egter geen ander hoëpriester aangestel nie; dit is nog vreemder as die sterf self! Henog het my wel geseën voordat hy na buite gegaan het om nie terug te keer nie, maar dit kan ek nie as inwyding tot hoëpriester aanneem nie. Daarom sal dié amp van nou af ongevul bly!

13. Wie van julle Sabbat wil hou, kan hom hou; wie dit egter nie wil nie, kan doen wat hy wil! Want ek meen, vir die dood is enigiets goed.

14. Die Heer kan doen wat Hy wil, maar ek van my kant sal nie veel doen vir die dood nie!

15. Laat al die grond braak lê en hou op om kinders te verwek en plaas geen saad meer in die aarde nie, en bedek julle oë en kyk nie meer na die verskriklike drogwêreld nie, maar laat elkeen van julle die dood so spoedig as moontlik verwag! Het dit oor ons gekom, dan het ons ons doel bereik.

16. `n Mooi doel vir vrydenkende wesens! Daarom is besluit om die aarde te ontvolk! Dan kan God daarop dood soos Hy wil! Begryp my goed: Die aarde behoort ontvolk te word!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205