`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 120

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die ernstige, teregwysende woorde van die Heer aan Lameg. Die geeste Henog en Adam getuies van die ewige lewe van die mens

(18 September 1843)

120 Toe Lameg dit gesê het, het die vuurwolk op aarde neergedaal, en in die vuurwolk het die Heer sigbaar teenoor Lameg gestaan en met `n ernstige stem tot hom gespreek:

2. “Lameg, Lameg! Bedink wie die Een is voor wie jy staan en Wie nou met jou praat!

3. Wat het Henog en Metusalag met jou gemaak toe jy as jongeling vroeër onhanteerbaar was? Kyk, jy was met `n skerp roede getugtig!

4. Sê nou self of die vaders jou uit vernietigende toorn, of uit regverdige liefde getugtig het?!

5. Jy kan nie daaromheen om te sê nie: “Dit het die vaders uit geregverdigde liefde vir hulle kind gedoen, want anders sou ek soos `n verskeurende dier grootgeword en `n onmens geword het!”

6. So praat jy in jouself en jy vel `n korrekte oordeel. En dink jy dat Ek `n minder regverdig liefhebbende Vader as Jared, Henog en Metusalag is?

7. O sien, hulle was slegs deur My aangestelde vaders om jou te verwek, jou groot te maak en op te voed! Maar Ek alleen is die ewige egte Vader, omdat Ek jou uit My geskape en verwek het en tot nou toe in alle vryheid van jou gees opgevoed het, en Ek het jou as die enigste ware en egte Vader, ondanks al jou nie seldsame oormoed, tog nooit getugtig nie!

8. Sien, die rede daarvoor was steeds My oneindige liefde, geduld en erbarming wat Ek vir jou en met jou het!

9. Maar noudat jy so weerspannig teen My geword het, sê Ek vir jou, dat Ek nou `n roede ter hand sal neem en met jou en al jou gelykes sal doen wat `n egte vader betaam wat vol regverdige liefde vir sy kinders is!

10. Ek wil jou egter eers die heerlike lot toon van diegene wat Ek na My toe gebring het, sodat jy vanuit jou diepste lewensgrond sal besef hoe Ek dit vir ewig met My kinders bedoel!

11. Maar dan sal Ek jou toon dat ook Ek die bandelose kinders, wat My, vir hulle liefdevolle Vaderlike bestemming, so baie misken en in die stof van die onwaardige bedrog wil aftrek, sal tugtig, terwille van hulle heil. En dat Ek die mees weerbarstiges ook in die gees verder vir ewig kan tugtig as hulle nie wil erken dat Ek hulle allerliefdevolste Vader en God in alle onaantasbare heiligheid is nie.

12. Kyk egter omhoog en vertel My: Wat sien jy daar?”

13. Hierop kyk Lameg omhoog en het al die gestorwenes gesien.

14. En Henog het na benede gekom en aan Lameg gesê: “Dwaas, raak my aan en oortuig jou daarvan dat ek nou vir ewig leef, sonder om ooit weer van my bestaan te wissel!”

15. En Lameg het Henog bevoel en het geen verandering aan hom ontdek nie, behalwe die van die hemels geestelike vervolmaking in alle volheid van die volkome lewe.

16. En so het hy hom ook by alle ander oortuig.

17. En Adam het bowendien nog aan hom gesê: “Lameg, die grootste weldaad van die Vader aan ons is dat Hy die swaar, beproewende liggaam weggeneem het van die vrye gees! Daaroor moet jy jou verheug!

18. Al wil die dood van die liggaam vir jou aardse oog jou ook somber toeskyn, vir diegene wat in die liefde tot die Vader weggeroep is, is dit `n allerhoogste geluksaligheid!

19. Kyk, in die singenot van die liefde van jou ouers was jy verwek, maar in die hoogste liefdesgenot word jy as gees uit die swaar vlees gehef en jy leef dan `n volkome, ewige, magtig, kragtig, werksame lewe, waarvan soetheid met niks op aarde te vergelyk is nie!

20. Wat jy ooit op aarde begin het, dit sal jy eers in die gees op die geestelike ewige aarde volbring. Daarom moet jy nie lui wees op aarde nie; want geeneen van die deur jou aangeraakte sandkorreltjies gaan verlore nie!

21. Dit sê ek, Adam, jou verwekker; begryp dit! Amen.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205