`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 122

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Lameg se gelofte om weer die ou goddelike orde te herstel. Die Heer waarsku teen die slang in die vlees van die vrou. Die Heer en die saliges verdwyn voor hulle oë. Die vergadering van die oudstes

(20 September 1843)

122 Na hierdie woorde van die Heer belowe Lameg om, met die hulp van die Heer, die ou orde van die dinge weer te herstel en daarvoor te sorg dat hierdie orde by alle nakomelinge gehandhaaf sou word.

2. Maar die Heer het aan Lameg gesê: “Doen wat jy kan; maar jy moet dit nie forseer nie! Want sien, daar heers baie eiesinnigheid in die volk!

3. Maar pas eers op dat die slang jou geen streep trek nie; want sy het reeds in die laagte begin om die vlees van die dogters te verfyn en glad en mooi te maak!

4. Waarsku daarom My kinders teen te veelvuldige besoeke aan die laagte, sodat hulle die strik vryspring wat daar vir hulle opgestel is!

5. En onthou vir alle tye van die aarde die volgende:

6. Wanneer jy sien dat die vlees van die vrouens steeds voller, blanker, fyner en weelderiger word; wanneer die vrouens met onbedekte hoof en gesig, met naakte bors en ontblote hande sal rondloop; wanneer die vrouens die manne wellustig sal agternaloop en die moeders hulle dogters sal opskik en tooi en hulle oordag en snags saam sal uitneem om deur soortgelyke uiterlike opsmuk, wat alles die allerergste kuns van Satan is, `n man te vang, sodat hy sou besluit om hom aan die dogter oor te gee en haar tot vrou te neem, of haar ten minste per dag of per uur as byslaap te neem om teen `n allerskandelikste huurloon ontug te bedryf, let op, Lameg, wat Ek hier sê! - wanneer die vrou haar bo die man sal verhef en oor hom sal wil heers, en ook werklik oor hom heers, deur haar van Satan verkreë bekoorlike vlees, of deur skatte en erfenisse van die wêreld, of deur `n sekere vernamer stand en voortrefliker afkoms; wanneer die vroulike geslag, wat ondergeskik moet wees, met spottende en veragtelike blik en hart neersien op die arme man en sal uitroep: “Bah, wat `n stank hang daar om hierdie ordinêre kêrel! Hoe ontsettend lelik is hierdie mens tog nie; wat `n weersinwekkende aanblik! Kyk net na die lae gespuis, die bedelaarsvolk!” dan, Lameg luister!, dan het die slang hom tot heer van die wêreld gemaak, smadelik heersend in haar geslag!

7. En dan luister goed na My, Lameg!, dan sal Ek die wêreld verlaat en haar oorgee aan die mag van diegene wie sy huldig, en dit sal `n vloek plaas oor alle skepsele! En My ore sal Ek dig stop, sodat Ek die luide jammerkrete van die ellendiges op aarde nie sal kan hoor om My te ontferm oor hulle nood en hulle noodlot nie, maar om My oordeel op die vasgestelde tyd te stuur oor al die vlees op aarde en My toorn uit te giet oor die hele land en oor alle skepsele!

8. Werklik, Ek sê vir jou, die wêreld het al `n groot tree in die rigting van haar verderf geplaas! Gaan daarom heen en verkondig oral wat Ek jou nou gesê het, en roep die hele volk terug om hulle te verbeter, anders sal jou seun nog net soos jy, `n groot deel beleef van hoe dit daar op aarde sal lyk as Ek My heeltemal daarvan sal terugtrek!

9. Neem hierdie woorde ter harte, en wees `n goeie dienaar vir My! Amen.”

10. Hierop het die vuurwolk verdwyn, die Heer en al die oorgegane geeste.

11. En Lameg gaan vol ernstige gedagtes na sy huis en het alles opgeteken wat die Heer aan hom gesê het.

12. En reeds die volgende dag het hy alle oudstes bymekaar geroep en alles wat die Heer aan hom gesê het en wat hy alles daarby gesien het, aan hulle geopenbaar.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205