`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 125

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die tweegesprek tussen Lameg en Metusalag. Wie iets in die wêreld meer liefhet as God, is Hom nie werd nie!

(23 September 1843)

125 Hierdie openbaring van die Heer het Lameg buitengewoon diep aan die dink gesit, en hy gaan na die nog lewende vader Metusalag en deel hom mee wat hy van die Heer verneem het.

2. Maar toe Metusalag dit gehoor het, word hy ongerus oor sy ewige lewe, want hy het in sy hart gesê:”As dit so is, dan wil ek met my oë `n verbond sluit en in die wêreld niks meer sien wat my ook maar in die minste genoeë sou kan verskaf nie, en ook my oor afwend van alle stemme van die wêreld! Maar my grootste vreugde op die wêreld is nog my kinders en my getroue vrou!” Hierop het hy sy mond geopen en aan Lameg gesê:

3. “My seun, ek het jou woorde in my hart noukeurig beproef en dit korrek bevind en het daarom ook met my oë en ore `n verbond gesluit, dat ek naamlik op hierdie wêreld niks meer wil sien en hoor wat my ook maar in die minste wêreldse genoeë mag verskaf nie!

4. Maar wat moet ek ten opsigte van my kinders en my getroue vrou doen, wie my grootste vreugde op hierdie wêreld is? Moet ek julle seën en julle dan uit liefde tot God almal vir altyd verlaat, of moet ek by julle bly?”

5. Lameg het hom in `n kort tydjie bedink en toe volgens `n ingewing van die Heer tot Metusalag gespreek:

6. “Luister, vader, so praat die Heer, ons God en ewig heilige Vader:

7. ‘Wie wat ookal in die wêreld meer bemin as vir My, is My nie werd nie!

8. Ouers, vrou en kinders is ook in die wêreld; daarom moet jy hulle nie meer liefhet as vir My nie, as jy My waardig wil wees!

9. Maar alles wat jy vir My offer, sal Ek jou eendag duisendvoudig vergoed in die ryk van die ewige lewe!

10. Laat elkeen egter bly wat en waar hy is, en laat hom in sy hart alles wat hy het, aan My offer, dan sal Ek hom aansien en My vir ewig met hom verbind !

11. Wat hy dan in so `n verbintenis sal geniet, en wat hy ook sal doen, dit sal hom alles dien tot die ewige lewe!

12. Want dan is My gees in hom en herskep alles in die mens: Die lewe sal waaragtig `n lewe word, die liefde sal `n waaragtige liefde word, selfs die dooie word tot die ewige lewe gewek en alle vreugde daarin sal vir My geregverdig wees, deurdat Ek dit in hom geskape het ter vermeerdering van die ewige lewe en My oneindige liefde, barmhartigheid en erbarming!

13. Met My kan die mens deur alle poorte gaan en kan alles geniet, omdat My gees in hom alles tot lewe omvorm; maar sonder My sal niemand ook maar een grashalm pluk nie, want ook `n grashalm kan hom die dood bring, liggaamlik sowel as geestelik, as hy dit met sy gees dusdanig beroer dat hy sy liefde daarin plaas!”

14. Sien, vader Metusalag, so lui die woorde van die Heer; omdat ons dit nou werklik weet, is dit immers ook nie moeilik om te lewe op die aarde nie!

15. Ons bly wat en waar ons is, bemin slegs vir God bo alles en offer Hom alles wat ooit maar in die minste onsself van Hom weggetrek het deur ons hart te raak, en dan sal ons die lewende gees van die Heer ontvang waardeur en waarin ons alles mag geniet soos die Heer dit aan ons Self geopenbaar het!”

16. Hierdie woorde het Metusalag weer gerus gestel, maar desondanks het hy van nou af aan baie geslote gebly en het hom in sy hart voortdurend besig gehou met die Heer en met Sy heilige gees in hom gepraat.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205