`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 126

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die morele en geestelike agteruitgang onder die kinders van die hoogte. Koning Lameg se laaste verordeninge en dood. Thubal-Kain as opvolger van Lameg

(25 September 1843)

126 En so het ook die meeste goeie mense afgesonderd geleef en hulle meer van die wêreld teruggetrek in hulle gemoedere en het geen aandag geskenk aan wat die mense gedoen het, - wat hoe langer, hoe meer, die wêreld ingegaan het nie, wat egter ook vergeefs sou gewees het.

2. Want die mense van die wêreld het baie eiesinnig geword, en dit was nie raadsaam om oor geestelike sake met hulle te praat nie, omdat hulle ten eerste alles beter geweet het as diegene wat trou aan My was, en ten tweede egter ook by kragtige teenspraak van die kant van My getroues baie gou hulle toevlug geneem het tot growwe en ruwe handtastelikhede.

3. Sulke aggressiewe aanvallers het derhalwe gladnie meer na die stem van die oudstes geluister nie en het ook gladnie na die wonderbaarlike werk gekyk wat die getroues in hulle teenwoordigheid bewerkstellig het om hulle weer op die reguit weg terug te lei nie. 

4. En wat was weldra die gevolg? Niks anders nie as dat hulle geheel in sinlikheid versink het!

5. Die kragtigste jongelinge en manne het begin om die laagte steeds meer en meer te besoek, en aangesien hulle daar, as kinders van God, altyd groot aansien des persoon ondervind het en baie mooi meisies en vrouens aangetref het, het hulle ook selde ooit meer sin gehad om terug te keer na die hoogte nie.

6. Hulle het daar vrouens geneem en hulle gevestig, hulle het nuwe groot stede gebou en dit versterk met swaar ringmure en het baie spoedig begin om in die weliswaar groot land die baas te speel. Dit was in die besonder die geval met hulle seuns, wie hulle verwek het by die dogters van die wêreld in die laagte, want hulle was kragtig en vervul met `n magtige wêreldse gees, of duideliker gesê: Hulle was die geseëndes van die slang, wat hulle met alle wêreldse mag, krag en gesag uitgerus het.

7. En Lameg in die laagte, wat toe nog geleef het, moes met groot leedwese aanskou wat diegene, wat van die hoogte gekom het, nou gedoen het.

8. Voor hy gesterf het, het hy sy kinders na hom geroep, omdat hy die leeftyd van seshonderd-en-dertig jaar bereik het, wat in die laagte ongekend was, en met hulle gepraat:

9. “Kinders! Die Heer het my geroep om die boosgeworde wêreld te verlaat. Daarom sal dit ook spoedig gebeur dat ek my reeds baie vermoeide liggaam sal aflê.

10. Maar trek dit nie so vir julle aan, as wat die kinders van die hoogte dit gedoen het, toe hulle vaders weggeroep was nie, anders sal dit nog baie erger met julle gaan, as wat dit nou met hulle gaan. Jy sien hulle daagliks die berge ontvlug en hier nuwe stede bou; hulle neem ons vrouens en verwek by hulle kragtige wêreldse kinders wat ons volkere meer en meer onderwerp!

11. Ek raai julle daarom aan om julle vas aan die Heer te hou, want alleen Sy mag het tot nou toe hierdie magtige vyande uit ons stede en geweste gehou.

12. Wanneer julle ooit die Heer sou verlaat, dan sal julle spoedig onmagtige slawe van hierdie magtiges van die wêreld word!

13. Hou julle vas aan hierdie woorde! Mag die gees van die Heer met julle wees soos Hy met my was en van nou af aan ewig sal wees! Amen.”

14. Spoedig daarna het Lameg gesterf en was deur sy kinders op eervolle wyse in `n pragtige grafkelder gelê, in `n goue kis.

15. Al elf stede het jare lank getreur oor hierdie leier; maar Thubal-Kain het die staatsroer in sy hande geneem en het in die voetstappe van sy vader gevolg, maar met `n meer wantrouerige gees.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205