`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 128

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die bewoners van Hanoch verafgod die twee mooi dogters van die gestorwe Thubal-Kain. Uraniël se besluiteloosheid. Die afwysing van die Heer. Uraniël se huwelik met die twee dogters van Thubal-Kain

(27 September 1843)

128 Die nuwe koning het Uraniël geheet en sy leierskap het tien jaar lank goed verloop, want hy was in die besit van die Gees van God en het daagliks sy bevele verkry van die Heer.

2. Maar in hierdie tyd het die twee voorheen swak dogters van Thubal-Kain hubaar en sterk geword en was van so `n uiterlike, liggaamlike skoonheid, dat almal voor hulle neergeval en hulle sonder skroom prontuit aanbid het.

3. Maar die twee dogters was goed opgevoed en het elkeen wat so-iets gedoen het, tereggewys. Maar dit het nie gehelp nie, want hoe meer hulle beide alle geleenthede vermy het waarby die manne hulle goddelike verering wou bring, soveel te meer droom hulle oor die twee godinne.

4. Hoe groot die skoonheid was van beide hierdie dogters, wat aan die hof van Uraniël geleef het, word duidelik uit die volgende bekendmaking van `n soortgelyke verafgodende lofrede

5. Hierdie lofrede was daagliks voor sonsondergang voor die kasteel deur duisend manne uitgeroep en het as volg gelui:

6. “O son, baai en was jou vooraf goed in die see, in alle mere, strome, spruite en fonteine, sodat jy veral nie onrein voor ons is en deur jou onsuiwer strale die goddelike aangesig van hulle verontreinig, wie se name te suiwer, te hemels is as dat ons dit sou waag om dit uit te spreek.

7. En julle trae dienaars van die opgang, reinig die môre goed met goue winde sodat die oë van die dogters uit die hemele van alle hemele nie vertroebel word nie.

8. Jy, nuwe dag, sien noulettend toe dat jy nóg deur te groot hitte, nóg deur te rou koelte, die dogters van die hemele sal hinder!

9. Want die aangesig van die dogters van die hemele straal meer as duisend sonne; hulle oë beskaam alle sterre, en die sterre van die hemele sidder nou vir die glans van die dogters van die hemele.

10. Welke sterfling het anders ooit die sterre aan die hemel sien sidder?!

11. Hulle wange is die oervuur van die môrerooi; hulle mond is die harmonie van die hele skepping; hulle ken wek die gevoel van geluksaligheid by alle lewende wesens!

12. Hulle hare vergul die rande van die wolke; hulle hals is die siel van die blomme; hulle boesem laat die aarde oplewe, en hulle ontsteek en dryf vurige berge op na die hemele om die hemelse dogters te eer!

13. Hulle arms is teerder en sagter as die tederste suggie wind wat die avondrooi so bang ontvlug; hulle liggame is soos die volheid van die hemele en hulle voete is soos die môrerooi wat deur die tederste môrerooiwolkies as eerste die blomryke velde van die aarde betree!

14. Huhora, huhora, huhora! Eer en alle lig en alle glans en alle prag en alle majesteit vir die dogters van die hemele!”

15. So het die oggendgroet gelui. Maar wee `n donker dag! Dit word dan vanaf die begin tot aan die einde bespoeg, uitgeskel en vervloek, en soms ook wel getugtig deur geweldig met roede in die lug te slaan!

16. Op dieselfde manier verkry ook die nag, voor dit aanbreek, `n beurt, net soos die maan en die sterre!

17. En beide moes hulle minstens eenmaal per dag in die oggend of in die aand voor die venster aan die skreeuers toon, want anders ontstaan daar `n getier waaraan eers `n einde gekom het as beide hulle vertoon het.

18. Maar toe die onbetaamlikheid `n jaar lank voortgeduur het en daar maar geen einde aan gekom het nie, het Uraniël hom tot die Heer gewend en gevra wat hy moes doen om `n einde daaraan te maak.

19. Die Heer het egter gepraat: “Waarom vra jy dit so laat aan My, en hoe kon jy eertyds jou eie hart deur die vlees van beide dogters gevange laat neem het?!

20. Sien, hier is sonder beperking van jou vryheid, geen raad meer moontlik nie!

21. Neem ek hulle beide van die wêreld weg, dan sal die volk jou oorval en jou wurg; laat Ek hulle lewe, dan sal dit nog erger word as nou; gee Ek hulle aan jou tot vroue, dan sal mens weldra jou en die vrouens as gode eer; vlug jy na die hoogte, dan sal die mense hulle beide uit jaloesie oor en weer aan stukke skeur en mense sal mekaar wurg.

22. Oordeel nou self, wat Ek moet doen! Besluit daarom in jou hart en doen wat jou geval! Maar hou My voorlopig daarbuite; want Ek is heilig!”

23. Dié antwoord het Uraniël nie erg geval nie en hy het heimlik daaroor gedink om met beide weg te vlug.

24. Maar die dag voordat hy wou vlug, het daar honderd van die mees vooraanstaande manne na hom toe gekom en hom aangeraai om die dogters tot vrou te neem.

25. Die voorstel het hom geval en alles was voorberei vir die dag van die huwelik.

26. En die dag het aangebreek, en Uraniël het getrou, sonder om dit aan sy vader op die hoogte te meld en sy seën te vra.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205