`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 130

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Nadere besonderhede oor die skoonheidsinstituut vir vrouens. Begin van die vrouehandel

(29 September 1843

130 Indien iemand sou vra of werklike mooi vrouens in die skoonheidsinstituut, as`t ware nuut geskape was, dan moet daar opgemerk word dat, ten eerste die vyand van die lewe van die mense op aarde ongeveer alles wat maar denkbaar is, aanwend vir die welslae van sulke menslike ondernemings, wat koring op sy meule is; ten tweede weet byna elkeen uit ervaring hoeveel die regte kleding vir `n vrou kan doen. Hoe dikwels word daar nie gesigsbedrog bewerkstellig nie, en hoe dikwels word die uiterlike gevoel nie bedrieg deur `n goed gekose hoofbedekking, of deur `n japon van sy, volgens die laaste mode en meer soortgelyke satansmiddele!

2. En wanneer die huidige kragtelose mensegeslag nog deur soortgelyke middele in die strik van Satan gelok kan word, dan kan mens hom maklik voorstel dat in dié tyd `n volk met nog kragtiger senuwees en ryk fantasie soveel makliker deur sulke middele betower kon word.

3. En aangesien die vindingrykheid van die mense nooit rus nie, het dit ook hier nie gerus nie. Van jaar tot jaar was nuwe uitvindings gemaak om vrouens mooier te maak, en `n meisie hoef niks anders as slegs reg van lyf en lede te gewees het nie, wat in die tyd wel nagenoeg sonder uitsondering die geval was, en sy mooi gemaak kon word.

4. Want die skoonheidskunstenaars het gesê: “Elke gesonde vroulike wese laat haar vetmes en word daardeur dik en kry meer rondings; en `n japon wat perfek by die figuur van die persoon pas, maak haar altyd interessant; as daar dan nog `n passende sjarmante beskawing bykom, is elke man wat maar in die omgewing van so `n gemaakte skoonheid kom, gevang!”

5. En so was dit dan ook in werklikheid. Maar aangesien `n vrou baie gou geen waarde meer gehad het wanneer sy nie uit die “die Koning se eer” afkomstig was nie, het elke ander vrou haar in die begin onteer gevoel en diep gekrenk.

6. Maar omdat daar met hierdie krenking weinig of niks bereik was nie, het die vrouens, wat nie uit “die Koning se eer” afkomstig was nie, met die skoonheidskunstenaars gepraat of daar nie teen `n goeie beloning nog iets van hulle gemaak kon word nie.

7. En omdat die kunstenaars die gewin nie versmaai het nie, het hulle ook ouer vrouens in hulle instituut opgeneem en het hulle vetgemes en het hulle dusdanig opgepoets, dat dit `n skande was.

8. Maar dit alles het die saak nie in die minste geskaad nie. As mens maar weer goed in die vlees gekom het, dan was alles weer gewen; want die verwydering van rimpels in die gesig was vir ons kunstenaars slegs `n kleinigheidjie.

9. Na verloop van tyd moes “die Koning se eer” tienmaal so groot word; daaruit kan duidelik afgelei word in wat `n aansien die instituut gestaan het.

10. Nou ervaar die vreemde, magtig geworde volkere, ook met verloop van ongeveer dertig jaar dat die allermooiste vrouens in Hanoch voortgebring was, en hulle het verkenners daarheen gestuur. 

11. Hulle het by die koning gekom en wou die instelling besigtig. Hulle was daarheen gebring, en toe hulle die mooi vrouens gesien het, was hulle gewoonweg rasend begerig na hulle.

12. En daar was aan hulle vertel dat alle vrouens wat reeds ryp was, vir die vasgestelde prys te koop was.

13. Toe yl die verkenners na hulle land en vertel wat hulle gesien het. En weldra het duisend manne, belaai met skatte van allerlei aard, na Hanoch getrek en het tweeduisend vrouens gekoop.

14. Dit was die begin van die mensehandel. En wat daar verder gebeur het, sal ons in die vervolg duidelik gemaak word.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205