`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 132

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die aankoms van die tienduisend vrouens in die laagte en die suksesvolle mensehandel politiek van koning Uraniël

132 En toe die tienduisend vrouens in die laagte aangekom het, kampeer hulle `n klein entjie buite die stad.

2. Dit was aand toe hulle voor Hanoch aangekom het en hulle kamp opgeslaan het.

3. Die inwoners van Hanoch wat op dié tyd van die aand gewandel het, het die groot aantal vrouens gesien en het ylings na die stad gegaan om dit aan die koning te meld.

4. En die koning het aan die nuusdraers gevra hoeveel vrouens daar volgens hulle sou wees.

5. Die nuusdraers het gesê: “Hoë koning, hulle aantal is so groot, dat ons nie in staat is om dit te gee nie, want hulle bedek, as hulle vlak bymekaar staan, verskeie morge grond en dit wil tog baie sê!”

6. En die koning het verder gevra: “Weet julle dan nie waar die vrouens vandaan gekom het nie? En is hulle nog jonk en meer aan die mooi kant?”

7. En die ondervraagdes het die koning geantwoord: “Hoë koning, met sekerheid kan ons u die een, nóg die ander meedeel! Maar vir wat tot sover in die verbygaan afgelei kan word, kan ons sê dat hierdie menigte vrouens uit die hoogte afkomstig is en eerder aan die jong, as aan die ou kant blyk te wees! Of daar onder hulle ook baie skoonhede is, kon ons, omdat dit al sleg donker begin te word het, nie gesien het nie; maar ons het baie aangename stemme van hulle gehoor, en daaruit sou uiteindelik wel afgelei kan word dat daar in elk geval baie mooi vrouens in hulle midde is!”

8. Met die antwoord was die koning volkome tevrede en het gepraat: “Edele burgers van Hanoch, luister na my! Dit kon nie beter gegaan het as wat dit nou gaan nie!

9. Nog vandag neem ons goedsmoeds of kwaadskiks die hele menigte vrouens gevange en bring hulle dan na die groot skoonheidsinstituut! Oor `n jaar is hulle vetgemes en is hulle vel mooi glad, en ons kan hulle dan weer vir groot skatte aan ander volkere verkoop, van wie daar byna elke week wel honderd kom om ons heerlike ware te koop!

10. Maar gaan kondig dit nou by die leiding van die instituut aan, sodat hulle veral so vinnig moontlik die nodige maatreëls kan tref vir hierdie heerlike vangs!”

11. Die nuusdraers gaan dadelik en doen wat die koning hulle opgedra het, en binne `n uur was daar al by die twaalfduisend man slagvaardig en hulle het gehardloop na die kamp van die vrouens en dit sonder slag of stoot verower.

12. Maar hoe kon dit gebeur het? Die vrouens het gedink dat die manne wat hulle ontvlug het, hulle tegemoet gekom het om hulle weer op te neem as vroue, of die ongehudes as bruide.

13. Daarom het die vrouens dan ook begin te juig en het in die arms van die manne geloop, en waar daar twee was wat één man gegryp het, het hulle oor hom geveg.

14. Die manne egter, was aardig teen die vrouens en het hulle almal in dieselfde nag nog na die instituut gebring.

15. Eers die volgende dag het die koning die vangs bekyk en was buitengewoon tevrede daarmee, want dit was merendeels nog suiwer baie flinke, en stewige bergvrouens, waaronder weinig ou, maar soveel te meer jonges was.

16. Daarom beveel hy die hooglerare van die instelling om tog veral alle aandag en vlyt aan die verfraaiing van hierdie vrouens te bestee.

17. En die hooglerare het dan ook al binne `n jaar verbasingwekkende resultate, wat die koning alles soveel te meer verheug het, omdat hy uit die vrouens van sy land, sulke skoonhede gesien opbloei het en die wins wat daar vir Hanoch in `n kort tydjie sou voortkom.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205