`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 133

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die nakomelinge van die vrouens van die hoogte en die manne van Hanoch was werktuigkundiges, kunstenaars en skeikundiges. Die uitvinding van glas en die geslaande muntgeld. Die bou van `n vestingmuur rondom Hanoch, die skitterende reusestad

(5 Oktober 1843)

133 Toe die vrouens na verloop van ongeveer `n jaar en `n half volledig deurvoed was, geval hulle die Hanochiete so buitengewoon goed, vanweë hulle indrukwekkende grootte, dat hulle hulle gladnie te koop wou aanbied nie, maar het hulle vir hulleself gehou. Hulle het ook, in ruil daarvoor, hulle vrouens en hulle dogters na die instituut met die daarby behorende bedrag ter versorging gestuur, bestaande uit goud en allerlei ander bybenodigdhede vir so `n versorging.

2. En die manne van Hanoch het toe kinders by die vrouens uit die hoogte verwek, en hierdie kinders van die manlike en die vroulike geslag was ten eerste buitengewoon mooi, en ten tweede het hierdie kinders `n baie ingenieuse (ingenieurswese) gees gehad, en wel in die besonder op die gebied van werktuigkunde en vormgewing, skeikunde en nog duisend ander vakke.

3. Glas was veral `n belangrike uitvinding van hierdie kinders, uiteraard eers toe hulle volwasse was.

4. Dié verskynsel het die groot stad Hanoch al na verloop van dertig jaar, `n heeltemal ander aansien gegee.

5. Die koning, wat nog lank in oorvloed bly lewe het, het begin om munte te laat slaan, wat die mense as `n handige ruilmiddel beskou het.

6. Daardeur het die handel in Hanoch tot groot opbloei gekom, en die stad het steeds mooier en groter geword.

7. Daartoe het ook die groot vondste aan goud en silwer dermate bygedra dat die koning ten eerste sy hele buitengewoon groot kasteel laat verguld het en daar ten tweede nog `n nuwe buitengewone pragtige kasteel laat bybou het, wat in elke opsig so ryk versier was met kuns en natuur, dat geen enkele vors in hierdie tyd in staat sou gewees het om iets vergelykbaar tot stand te bring nie.

8. Na verloop van nog dertig jaar het Hanoch `n sodanige aansien geniet dat die ander volkere geglo het dat hoër wesens `n hand daarin moes gehad het; anders was dit ondenkbaar dat hierdie ou, sombere stad tot `n ongekende grootsheid, prag en onbegryplike majesteit gekom het.

9. Hoe groot hierdie stad was, blyk uit die feit dat daar duisend dermate groot geboue gestaan het, dat elkeen daarvan ruim genoeg was om tienduisend tot vyftienduisend mense baie gerieflik daarin te laat woon, afgesien van die enkele duisende kleiner huise en paleise!

10. Daar was ook allerlei skole en opleidingsinstitute opgerig, en alle stede was genoodsaak om hulle te bedien van die voordele van Hanoch, natuurlik wel vir enorme bedrae.

11. Maar die slim hof van Hanoch het gemerk dat die ander volkere, wat baie magtig was, hoe langer hoe begeriger geraak het na die groot rykdomme van Hanoch, en hulle het daarom besluit om hierdie groot stad met `n magtige ringmuur te omgewe.

12. Die besluit was geneem, en reeds die volgende dag het mense aan alle kante om die stad, met miljoene hande ywerig aan die werk gespring, en na verloop van ongeveer twee jaar was die stad omgewe deur `n dertig vadem hoë en tien vadem breë muur, met `n lengte van sewe-en-sewentig huidige myle.

13. Honderd-en-sewentig poorte het na die stad gevoer. Elke poort het drie geweldige sterk ystervleuels ter afsluiting gehad, en bo-op elke poort het `n enorme groot ysterstandbeeld van `n kryger gestaan, waarin ongeveer dertig krygsmanne hulleself kon verberg het en dan vanuit die hoof van die standbeeld, en wel deur die oë, deur die mond en deur die ore klippe na buite kon slinger.

14. Mens sou miskien kon gedink het dat daar in dié tyd honderde jare nodig sou wees vir die oprigting van sulke bouwerke. O nee! Mens moet maar net bedink waartoe `n miljoen arms onder sorgvuldige leiding, in staat was; dan sal mens begryp dat sulke werk heeltemal voltooi was na verloop van sewe jaar, en dit soveel sekerder wanneer mens ook nog die groter krag van die mense, hulle ywer en beslis ook die magtige invloed van die slang in aanmerking sal neem. Wat daar verder gebeur het, sal die vervolg duidelik maak. 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205