`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 137

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die heerskappy van die nuwe aristokrasie oor Asië. Die ontstaan van leenstate en vorstedomme. Die vorste as regente en priesters van die volk. Verwysing na die dood van koning Uraniël.

(11 Oktober 1843)

137 Die aristokrasie het hom hoe langer hoe meer uitgebrei. Die heersers van Hanoch was steeds magtiger. Steeds verder het hulle hulle ryk uitgebou. Hulle het nuwe kolonies gestig, oral nuwe stede gebou en met uitsondering van die ryk van die kinders van Sihin (China), was Asië spoedig geheel en al bevolk.

2. Slegs die gebiede met hoë berge het van die Hanochiete verskoon gebly; maar dit was deur die Horadaliete, `n bekende krygersvolk van Lameg, in beslag geneem wat in hordes die beter weigrond van die berge in besit geneem het.

3. Die heersers van Hanoch het daardeur digby die honderd leenryke en vorstedomme gestig.

4. Waar hulle midde in `n nuwe kolonie `n nuwe stad laat bou het, beheer hulle dit dadelik deur hulle uitgeroepte vors. Hy moes jaarliks `n matige skatting aan Hanoch betaal; verder was hy egter onbeperk meester van sy land en sy volk.

5. So `n vors was meestal alles vir die volk. Hy was regent en willekeurige wetgewer in sy land; hy was die enigste groothandelaar in sy stad, die enigste fabrikant vir die hele volk, sodat hulle noodgedwonge alles by hom moes koop.

6. Verder was hy ook tegelykertyd buite My wil priester van die volk, wat aan hom onderwerp was; sy leer het selde betrekking gehad op My, maar meestal slegs op sy eie waardigheid, en wanneer mens aan hom geoffer het, het mens ook aan God geoffer, wie se plaasvervanger hy op aarde was, en dit het slegs van hom afgehang of iemand na sy liggaamlike dood die ewige lewe van die siel sou ontvang van God al dan nie.

7. As `n volk hulle in die loop van die tyd meer uitgebrei het, was daar ook wel onderpriesters aangestel, maar hulle mag alleen die woord van die vors gepredik het en nooit dit van hulleself nie, want so-iets was van die kant van die vors reeds by die geringste willekeur verdoemenswaardig, en die oortreder moes dikwels belaglik wrede boetedoenings verrig om hom ten aansien van die vors van `n soortgelyke doodsonde te bevry.

8. Sulke boetedoenings het bestaan uit die vang van slange, die dood van `n bepaalde aantal tiers, leeus, bere, hiënas en ander; dit was die boetedoener ewenwel toegestaan om vrywillige medeboetelinge te werf.

9. Kleiner boetedoenings het bestaan uit offers; kon daar nie geoffer word nie, dan was daar afgeransel.

10. Die vrouevolk het meestal veel ruimer wette gehad en hulle het by oortredings `n pak slae as boete, met `n roede op hulle ontblote sitvlak, gekry.

11. Hanoch het hom egter die alleenreg voorgehou om die doodstraf uit te voer en wel as volg: Die veroordeelde was tussen twee pale van tien vadem hoog met `n ketting aan die voete opgehang en dan `n hele dag heen en weer geskommel, natuurlik met liggaam en hoof na benede hangend.

12. Indien iemand aan die einde van die dag nog tekens van lewe getoon het, dan was hy nie meer geskommel nie, maar weer bevry. Het hy weer sy bewussyn herwin, dan kon hy weggaan; maar het hy in die loop van die nag gesterf, dan was hy die volgende môre begrawe. Het hy egter aan die enorme skommel gesterf, dan was sy liggaam vir die wilde diere gewerp, wat mense toe al in spesiale hokke aangehou het. Die dood aan die geskommel was `n bewys dat die veroordeelde die straf wel deeglik verdien het.

13. Die een wat die doodstraf verdien het, moes daarom dan ook altyd deur die leenvorste na Hanoch gestuur word.

14. En reeds na enkele jare moes daar in Hanoch al byna honderd van sulke skommels gebou word en `n mens het hulle geen dag gesien stilstaan nie.

15. So het hierdie aristokratiese regering gedurende so `n honderd jaar bestaan en geëindig met die dood van Uraniël, wat `n leeftyd van nagenoeg driehonderd jaar bereik het en ten slotte in die grootste nood moes sterf; maar wel in `n toestand waarin hy hom weer in God se barmhartigheid bevind het, wat hy so geheel en al verspeel het.

16. En hoe dit daar van nou af aan gegaan het, dit sal die vervolg toon.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205