`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 139

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die vaders beraadslaag oor die redding van die diep gesink laagte

(14 Oktober 1843)

139 Die weinige vaders op die hoogte het hulle ten seerste verbaas oor die algehele wegsinking van die laagte, wat onder Lameg, onder Thubal-Kain en ook nog geruime tyd onder Uraniël, tog so heerlik bloeiend voorgestaan het.

2. En Lameg het aan sy seun Noag gesê: “Wat dink jy: As hierdie twee seuns van Uraniël met die wonderbaarlike krag van `n Henog geseën sou word, of soos die Heer Self vir Kisehel en sy broers geseën het toe Hy hulle vir die eerste keer na die laagte gestuur het, sou hulle sending nie veel meer resultaat daardeur gehad het, as net met die krag van die oortuigende woord nie?

3. My seun, ek weet dat die Heer baie met jou in gemeen het en jou altyd eerder verhoor as vir my; ja, jy kan met Hom praat wanneer jy maar wil, terwyl ek dikwels dae lank moet roep tot die Heer my verhoor en dan tot my praat!

4. Hoe sou dit wees as jy jou in jou hart tot die Heer wend en Hom my wens voorlê? Miskien sou Hy dit inwillig?”

5. En Noag het gepraat: “Liewe vader Lameg, ek dink dat daar nie veel meer te doen is nie; want sien, vir sover ek weet, was in die tyd van Lameg, toe hy nog `n kneg van die slang was, in feite net hyself verkeerd. Hy het die volk getiranniseer, en die volk van die hele laagte het gesmag onder sy onderdrukking en was gevange; maar het verlang na die bevryding.

6. Toe hoef slegs Lameg bekeer te word, en deur hom was toe, eensklaps die hele volk bekeer en verlos!

7. Maar nou is dit anders, want nou lyk dit daar in die hart van byna elke mens al net so as wat dit toe slegs by Lameg was!

8. Lameg was tot die dood toe geoordeel, en moes toe deur selfwerksaamheid en deur groot selfverloëning dieselfde in homself weer goed en lewend maak, wat aan en in hom geoordeel en gedood was deur Kisehel se wonder, wat hom bekeer het.

9. Hoe verwoestend groot en omvangryk sou `n wonder moet wees om miljoene te bekeer, wat almal honderdmaal slegter in hulle hart is, as Lameg ooit in sy grootste wreedheid was!

10. Myns insiens sal ons tevrede kan wees as daar miskien hier en daar enkeles deur die oortuigende krag van die woord gewen word; maar aan `n algemene verandering van die handelswyse by hierdie volkere is in die verste verte nie meer te dink nie!

11. Die Heer sal daarom die twee seuns slegs met die krag van die Wysheid toerus en hulle dan weer na die stad Hanoch stuur.

12. As hulle daar iets kan uitrig teen die bose vrye wil van sommige Hanochiete, dan is dit goed; maar kan hulle dit nie, dan laat ons alles aan die Heer oor, en Hy sal dan doen wat regverdig sal wees! Is julle nie volledig daarmee eens nie?”

13. En Lameg het die waarheid in Noag se woorde gesien en het toe nie meer verlang dat die Heer beide die seuns met wonderbaarlike krag sou vervul nie.

14. Maar hulle was albei met goddelike insig vervul en moes hulle toe weer na die laagte begewe.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205