`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 142

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die reddingsplan van die twee bodes en die uitvoering daarvan

(18 Oktober 1843)

142 Maar die hele hoë raad het die twee gevra om verder te praat, want hulle het die diep waarheid in hulle verklaring erken en wou daarom nog meer hoor en uiteindelik ook die middele waarmee hierdie wantoestande verhelp kon word.

2. En beide het begin om weer gesamentlik te praat: “Luister dan na ons, hoë raadslede! Met ons lewe staan ons borg vir die volle waarheid van dit alles wat ons julle nou sal meedeel; en as dit nie uitgevoer word nie, dan staan ons daarvoor in dat julle oor veertien dae meer as een miljoen lyke in hierdie stad sal tel en dat daar bowendien nog `n volksopstand teen ons sal wees, soos daar op aarde nog nooit een gewees het nie. Die mense sal mekaar doodslaan en ons as eerstes, en hulle dan versadig aan ons vleis en bloed!

3. Maar om hierdie met sekerheid optredende vreeslike gebeurtenisse te ontwyk en te verhoed, staan vir ons slegs die volgende weë oop en wel op baie korttermyn.

4. Die eerste weg is, dat ons so vinnig moontlik al die ontsettende duur skoonheidsinstitute vir vrouens heeltemal ophef deur na alle rigtings ylbodes uit te stuur wat oral bekend maak dat hierdie vrouens nou almal verniet te kry is, met selfs nog `n bybetaling as geskenk, bestaande uit kosbaarhede en lewensmiddele.

5. Die hoogleraars en skoonheidspesialiste moet vertrek en elkeen van hulle moet minstens drie vrouens saamneem; die sal, met enkele kosbaarhede en lewensmiddele, hulle eiendom wees. Die aarde is groot en die berge is so goed as ontvolk; hulle sal verseker `n heenkome vind.

6. Dan moet hierdie groot geboue afgebreek word en op die ruim terreine wat hulle voorheen ingeneem het, moet vrugbare tuine aangelê word, en dan sal reeds oor `n jaar tienduisend vlytige mense daar hulle lewensmiddele kan verbou!

7. Verder is hier onnoemlik baie egte leeglopers wat hulleself adellikes noem, maar wat niks anders het as hulle bedrieglike monde om van te kan lewe nie. Weg met hulle! Gee elkeen van hulle nog `n met bietjie goud begiftigde vrou saam, en ons stad word al dadelik enkele honderd duisende mense minder, wat hier absoluut vir niks deug nie.

8. As hulle vra waarheen hulle moet gaan, stuur hulle dan ook na die berge, hulle sal sekerlik `n heenkome daar vind!

9. Op dieselfde manier verminder ons ook ons lyfwagte van duisend na honderd en gee die ontslaandes middele vir `n halfjaar saam, en so het ons aan die stad weer `n hele spul onnodige, nie-werkende verbruikers onttrek en haar daardeur die verligting verskaf waardeur dit vir die eintlike burgers maklik word om op `n meer natuurlike wyse in hulle lewensonderhoud te voorsien.

10. En die burgers wat graag wil werk vir hulle lewensonderhoud, deel ons mee dat hulle ten eerste alle groot pleine van die stad in vrugbare tuine moet verander; ten tweede die strate wat breed is met vrugtebome moet beplant; ten derde die terrasse van die huise ewe-eens in tuine moet verander; ten vierde dieselfde moet doen met die groot stadsmuur, wat slegs al vir honderd duisend mense allerlei groente en vrugte kan oplewer; ten vyfde die buite die stad lêende gebied met die skommels in akkers moet verander; ten sesde elke nuttelose gebou moet afbreek en ook in `n tuin verander, en deur hierdie maatreëls sal dit met ons al binne `n jaar so goed gaan, dat ons beslis benydenswaardig genoem kan word!

11. Eers nadat hierdie raad uitgevoer is, sal ons voortgaan met `n ander!”

12. Dié advies was met groot byval aangeneem en reeds dieselfde dag word die werk al ter hand geneem, en na veertien dae was dit daar in die stad Hanoch reeds so yl bevolk, dat dit vir `n besoeker gelyk het of hy hom in `n woud van huise bevind het; maar tog het daar nog meer as twee miljoen ywerige burgers geleef wat alles in vrugbare tuine verander het.

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205