`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 144

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Andermaal `n beroep op die twee wyse raadslede. Die wêreldse hervormingsidees van die raad van duisend. Die weerstand van die twee wyses en hulle terugkeer na die hoogte

(21 Oktober 1843)

144 Daar het `n hele jaar verloop met hierdie wedersydse stryd, sonder dat die strydende partye tot `n vergelyk gekom het; en so het daar vir hulle dus niks anders oorgebly nie as om weer die twee mede-raadslede te raadpleeg, oor wat vir elkeen die mees aanvaarbaarste sou wees.

2. Want die strydende partye het wel ooreengekom dat die erken van een god, desnoods ook van meer gode, vir die volk nodig was om die orde te handhaaf. Maar daardie bewussyn moes nie by die volk bereik word deur op blinde geloof geoordeelde leë praatjies van predikers nie, as dit ooit gewortel wil raak, maar op die suiwer wetenskap, dus deur die ondersoek van die natuur, deur wiskunde, deur filosofie en God waardige vertolkings van die kuns! 

3. Daardeur sou die volk iets duursaam en oortuigend kry in plaas van `n duister, op die blinde vertroue gerig, misterieuse getuienis vir die bestaan van God, wat maar net sou standhou, solank geheimsinnige leraars geleef het. As dit egter deur die natuur genoodsaakte godsdiens eenmaal self in die stof byt, dan sou ook hulle hele leer met hulle in die stof byt, en die volk sou dan bedrieg daarby gestaan het met hulle god. En as volkere meermale op so `n manier met `n geheimsinnige god bedrieg word, dan sou hulle gladnie meer tot godsbesef gebring kan word nie.

4. Wat dit aanbetref was ons duisend raadshere dit wel met mekaar eens; hulle het net nie geweet hoe hulle dié besluit die beste in praktyk kon bring nie, en daarom het hulle hulle eintlik tot die tweetal gerig.

5. Maar hulle het gesê: “Hoë raadslede van die groot stad Hanoch! Ons het julle `n jaar gelede die korrekte plan getoon, maar julle het dit verwerp! Wat moet ons nou dan nog meer doen?

6. Elke aangeleentheid het slegs één plan wat as enigste goed en waar is en so is dit ook met die verkondiging van God!

7. Daardie plan het ons julle getoon, maar julle het dit verwerp en julle het nou `n ander opgestel wat volgens julle mening deegliker is. Voer dit dan ook volgens julle eie insig uit, en laat julle deur die gevolge onderrig watter goed julle daarmee aan die lig gebring het!

8. Ons wil geen deel daaraan hê nie en julle by die uitvoering van julle plan ook geensins hinder nie.

9. Doen met Hanoch, wat betref die leer van God, soos julle met die leenvorste gedoen het, toe julle elkeen van hulle `n ander leer van God bygegee het om hulle maklik deur die verskillende leerstellings te kan onderskei en so die huurplig eenvoudiger van hulle te kan in, dan sal julle vas en seker baie gou dieselfde resultaat in Hanoch oes as destyds met die vasalle!

10. Julle kon julle tot nou toe by alles daarvan oortuig het dat ons advies, ten eerste baie maklik uit te voer was en dat dit ten tweede duidelik die nuttigste was vir die hele groot stad.

11. Ons het julle met niks mislei nie, maar altyd die beste met julle voorgehad en dit met geen lettergreep ooit oor ons eie belang gehad nie.

12. So was ook `n jaar gelede, die plan deur ons voorgestel om God te erken en te eer, vir ons almal se beswil; maar al in die begin het julle daarteen gestoot en toe `n hele jaar lank daaroor baklei, totdat julle uiteindelik op die mees verwerplike manier ooreengekom het.

13. Maar ons ken geen moontlikheid om julle plan uit te voer nie en kan daarom ook geen weg ter uitvoering aanbeveel nie.

14. Doen daarom wat julle goeddunk, maar ons is in julle midde uitgepraat en uitgedien! Daarom verlaat ons julle nou en vra geen loon nie, sodat julle sal erken dat ons steeds oor julle welsyn besorg was.

15. Wie egter met ons wil saamgaan, moet dit doen voordat dit te laat is!”

16. Daarop het die twee die groot raadsaal verlaat, hulle bediendes geneem en hulle weer na die hoogte begewe.

17. En wat daar egter toe alles in Hanoch gebeur het, sal die vervolg toon.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205