`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 146

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

`n Wenk ter beoordeling van tydvermeldings by die geestelike vertelwyse. Die ontvangs van die tien bodes in Hanoch

(24 Oktober 1843)

146 Vanaf die tyd dat beide seuns van Uraniël teruggekeer het na die hoogte, tot op die tyd toe die tien vuurbodes uitgestuur was, het ongeveer twee jaar verstryk, ofskoon dit in die vertelling lyk asof dit binne enkele dae afgespeel het.

2. Dit is gesê om die geheel makliker te begryp, omdat by `n geestelike vertelwyse, dade wel gereeld vermeld word asof hulle hulleself in één dag afspeel, terwyl daartussen, in aardse tyd gereken, dikwels meer jare verstryk het.

3. So staan daar selfs ook reëlmatig in die heilige Skrif: “En op dieselfde dag”, terwyl so `n gebeurtenis wat beskryf word, asof hy op één dag plaasgevind het, in die werklikheid van die uiterlike wêreld baie jare in beslag kan neem.

4. Dit is dus gegee om sulke wyses van vertelling beter te begryp!

5. Maar hoe was ons tien bodes in Hanoch ontvang en hoe het hulle na `n kort tydjie hierdie stad en die volk aangetref?

6. Toe hulle by die poorte aangekom het, was hulle dadelik aangehou en streng geregtelik verhoor, ten einde hulle herkoms vas te stel en of hulle wel `n skriftelike reispas gehad het. (Want in dié tyd was daar ook reeds `n streng polisiemag in Hanoch opgerig.)

7. Maar die bodes het gesê: “Ons is tot julle heil uitgestuur van bo, en God, die Heer van die hemel en die aarde, is ons reispas!

8. Ons is na julle toe gestuur om ernstige, streng boetedoening te predik of, indien julle julle niks daarvan aantrek nie, die onvermydelike oordeel van God, wat julle geheel en al sal vernietig met die volheid van God se toornvloed!”

9. Toe die bodes sulke “onbetaamlike” woorde teen die lofwaardige polisiegereg van die poort uitgespreek het, was dit geheel en al met hulle gedaan; hulle was onmiddellik as beledigers van die hoë majestueuse raad verklaar en as geslepe partygangers van ander, vreemde vorste gearresteer.

10. Maar hier het die mag oor die vuur hulle goed te pas gekom, want op die oomblik dat die poortwag van die polisie hulle vasgegryp het, het daar vlamme uit die aarde geslaan wat die wag op `n skandelike vlug na die stad toe gedryf het, en ons bodes het daarna ongehinderd die stad binnegegaan.

11. Maar vanaf hierdie poort was dit nog `n kort dagreis tot by die goue residensie van die duisend raadslede, wie nou reeds `n skynkoning uit hulle midde gekies het, wie egter geen ander mag gehad het as om altyd te bevestig wat die duisend raadshere besluit het nie.  

12. Aangesien ons bodes nou nie die goue kasteel op dieselfde dag kon bereik nie, was hulle genoodsaak om in een van die baie nuut gevestigde herberge te oornag en hulle eers die volgende dag na die goue kasteel te begewe.

13. Maar die oornagting was reeds die begin van die gunstige ontvangs wat ons bodes later in dier hele Hanoch geniet het; want ten eerste het hulle in dié gedeelte van die stad deur die vlugtende wag al berug geword deur `n presiese beskrywing van hulle persoon, en ten tweede is dit nie so moeilik om jou voor te stel met welke voorkomendheid hulle daarom in hulle herberg opgeneem was nie.

14. As hulle vir `n verfrissing gevra het, het die herbergier en sy vrou gevlug, en toe hulle `n nagverblyf gesoek het, het hulle alle deure toegesluit gevind, want mense het gevrees dat hulle die hele huis aan die brand sou steek. Daarom het mense hulle slegs in die eetkamer laat rus, waarin hulle die eerste binne gekom het.

15. Dit was dus die eerste ontvangs in die stad; die vervolg sal toon hoe dit verder gelyk het.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205