`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 149

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Voordat die tien vuurbodes die kasteel betree het, gee die Heer instruksies aan hulle. Die tien bodes spreek die duisend raadslede in die raadsaal toe

(27 Oktober 1843)

149 Toe die weg na die goue kasteel nou op hierdie hoogs wonderbaarlike wyse gebaan was, het die Heer wederom met die bodes gepraat: “Nou kan julle verder gaan!

2. Dwing egter niemand deur geweld tot omkeer nie, maar verkondig die geregtelike boete en predik in My Naam! Eis die opening van beide die tempels en waarsku die  raad indringend teen elke beelde- en afgodediens, en verkondig met klem My op hande synde oordeel. Dit is al wat julle hier te doen staan. 

3. Gee die hof daaraan gehoor, bly dan hier as priesters, soos wat Ek vir julle op die hoogte gesê het; maar as die hof hom slegs onder voorwendsel volgens julle woorde rig, wys hulle dan streng tereg oor hulle huigelary en verlaat dadelik die hof om julle na die pleine en strate te begewe, en verkondig daar in die openbaar ernstige boetedoening en My Naam!

4. Wees nie bevrees vir die wapens van die magteloses nie, want ek sal hulle vernietig nog voordat hulle deur bloeddorstige gierigaards teen julle gebruik kan word!

5. En predik so vir drie volle jare in hierdie stad! As die mense julle bespot, vertrek dan uit die stad en predik nog gedurende vier jaar tot die volk op die platteland! As `n volk hom geheel tot My sal wend, laat hulle dan na die hoogte trek, dan sal Ek daar vir hulle sorg en hulle onmiddellik van alles voorsien wat hulle op die wêreld nodig het om te lewe.

6. Maar waar `n volk hom nie laat bekeer nie, verlaat hulle dan weer dadelik en trek na `n ander plek!

7. Bly egter net vier jaar in die land; en as Ek julle sal roep, keer dan dadelik weer, sonder om om te kyk, na die hoogte terug!

8. Nou weet julle wat julle te doen staan; gaan die kasteel nou in My Naam binne! Amen.”

9. Hierop volg ons bodes hulle weg, begewe hulle in die goue kasteel en het daar in `n geweldige groot saal die duisend raadslede met hulle skynkoning in die midde aangetref, besig met `n belangrike vergadering.

10. Hulle het juis met mekaar beraadslaag hoe hulle hulleself van hierdie tien vuurmonsters kon ontdoen.

11. Maar juis net toe hulle `n vreeslik huigelagtige maatreël daaroor behandel en besluit het om net skynbaar gehoor te gee aan die woorde van die tien en hulle uiterlik daaraan te hou, maar heimlik geen enkele middel onbeproef te laat om die vuurbodes die stad uit te werk nie, tree skielik, tot ontsetting van al duisend raadslede, insluitend hulle skynkoning, die tiental die raadsaal binne en het gepraat:

12. “Vrede sy met julle! Volgens julle plan sal julle ons nooit uit die stad kan kry nie; maar as ons tyd om is, sal ons tog hierdie stad tot julle ondergang verlaat, egter nie as gevolg van julle laaghartigheid nie, maar omdat die Een Wie ons na julle toe gestuur het, dit wil!

13. Laat dit vooraf vir julle duidelik wees en berei julle vooruit op dit alles wat ons julle van God, die almagtige Heer, moet verkondig! Open daarom julle ore en luister na ons! Amen.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205