`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 15

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die Heer roep vir Satana in haar gedaante as draak in die teenwoordigheid van Kisehel, Henog en Lameg. Die brutale woorde van die draak en sy voorspelling van die kruisiging van die Heer.

(12 April 1843)

15 En Kisehel het opgestaan toe hy hierdie oproep gehoor het, en begeef hom vinnig en deemoedig na die Heer.

2. Toe hy by die Heer aangekom het, in die vermeende veronderstelling dat hy, net soos Uranion sy vraag hardop uitgespreek aan die Heer moes stel, beduie die Heer hom om te swyg en het innerlik heimlik aan hom gesê:

3. “Kisehel, gaan haal vir Lameg en Henog, want wat jou dwars in die krop steek, het tot nou toe geeneen van die ander bedruk nie. Daarom is dit ook nie nodig dat almal jou vraag hoor nie.

4. Maar vir julle drie sal Ek nietemin jou knoop ontknoop, egter nie hier nie, maar buite waar niemand ons hoef te sien nie! En daarom verlaat ons die geselskap hier vir `n kort tydjie! Sê egter soos voorheen aan die vaders dat niemand ons mag vra waarheen ons onsself nou begewe nie.”

5. En Kisehel het onmiddellik alles gedoen wat die Heer hom opgedra het.

6. Toe alles nou gereël was, begewe die Heer Hom met die drietal na buite na `n plek wat met bome omring was. Die plek was aan die middernagtelike kant begrens deur `n ontoeganklike rotswand, waarin `n groot holte was, soos by die plek waar die reeds bekende draak verskyn het, waar Henog met die bodes, op pad na die hoogte, huiswaarts gekeer het.

7. Toe hulle op die plek kom, het die Heer tot Kisehel gespreek: “Sien, Ek is ernstig beskuldig deur My groot vyand, ten opsigte van jou! As Ek Myself daarvoor by jou verontskuldig sonder die aanklaer, dan sou jy nog altyd heimlik by jouself gedink het: “Dit kan wel so wees en is ook wel so soos wat die Heer dit aan ons geopenbaar het, maar desondanks bly die bewering van die draak tog baie merkwaardig en sy bekentenis moet beslis nie geheel en al buite rekening gelaat word nie!”

8. Daarom het Ek julle hierheen gebring en ons sal hierdie saak in die teenwoordigheid van die draak afhandel!”

9. Hierna het die Heer met so `n kragtige stem uitgeroep, dat die hele aarde rondom gedreun het.

10. En die roep het gelui: “Satana! Jou God en ewige Heer wil dat jy hier voor Sy Aangesig tree!”

11. Onmiddellik na hierdie almagtige roep, wat die hele skepping byna haar bestaan gekos het, verskyn die draak, geweldig bewend van toorn, voor die almagtige Heer van alle ewighede, en het aan die Heer gevra:

12. “Wat wil Jy, my ewige pyniger, van my hê? Moet ek Jou dalk help, sodat Jy Jou hele skepping weer makliker in niks kan verander? Of het Jy dalk alweer `n plan vir `n nuwe skepping, waarvoor ek vir Jou `n gunstige plek moet uitsoek?

13. Ek sê vir Jou, Jy sal my ewig nooit sover kry nie, want ek ken Jou groot wankelmoedigheid en weet dat daar in Jou geen vastigheid woon nie, en dat al Jou beloftes niks anders as leë, onhoudbare woorde is nie. Daarom is ek ook vasbeslote om teen Jou in opstand te kom en Jou vir ewig te vervolg!

14. Waarlik, al is Jy ook `n God wat nog die hele oneindigheid beheer, tog sal dit vir Jou nooit moontlik wees om Jou uit versigtigheid êrens in `n hoek van die oneindigheid so vir my te verberg dat ek Jou nie sou kan vind nie! Aan my sal Jy nie ontkom nie!

15. Dreig my gerus, hoe Jy maar wil en kan; dit sal immers tog spoedig blyk, wie van ons twee die eintlike Heer van die hele wêreld en van alle skepsele is!

16. Voor Jy my tot iets sal dwing, sweer ek aan Jou by my lewe, dat ek myself dan eers sal vernietig, en dan moet Jy maar sien hoe dit met Jou ewige bestaan sal lyk!

17. Begryp Jy my, ou bedrieër van die wêreld, almagspeler op my koste! Begryp Jy my?!

18. Jy het hierheen gekom om my te versoek om dit teenoor hierdie drie terug te trek, wat ek hulle vroeër welgemeend meegedeel het! O, dan kan Jy maar net mooitjies lank wag, voordat ek myself nog meer deur Jou tot `n skandelike werktuig sal laat gebruik!

19. Hier, deurboor my harnas met al Jou almag, as Jy kan en wil!

20. Maar ek sweer vir jou: “Nie ek nie, maar my allerswakste knegte sal Jou gevange neem, Jou vasbind soos `n ou boosdoener en hulle sal Jou aan die hout vasnael, vanwaar Jy ewig tevergeefs om hulp sal roep! - Begryp Jy dit?!

21. Ek het nou my belofte gemaak aan Jou; maar wil Jy dalk nog meer van my hoor, praat dan, en daar sal gebeur wat Jy nie wil nie! Amen vanuit my, Jou heer! Verstaan my: Amen vanuit my!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205