`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 151

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die heimlike bespreking van die duisend raadshere. Die reaksie van die tien bodes as egte gedagtelesers. Die ultimatum van die tien bodes en hulle vertrek uit die kasteel. Die verleentheid van die raad van duisend

(30 Oktober 1843)

151 Toe die raadshere dit van die tien gehoor het, het hulle heimlik hulle neuse vinnig opgetrek en as volg beraadslaag:

2. “Daar is nou niks anders om te doen as om aan hierdie hisopstruik te byt, al is dit hoe suur, bitter en wrang; want om met geweld daarteen in gaan, sal maar net beteken om olie op die vuur te giet.

3. So is dit ook met die politiek! Ons kan wel daarmee teen die blindheid van die mense ageer, maar wat kan ons daarmee bereik teen hierdie mense, wat ons immers al van meet af aan haarfyn deurgrond het?!

4. Maar wat ons wel kan doen is die volgende: Ons kan hierdie eers nog besonder kritiese teenargumente aan bodes voorhou, alvorens ons hulle versoek volledig aanneem!

5. Ons het nie op ons agterkoppe geval nie en ons verstand is prima in orde; dit sal hierdie tien tot by die opening van die beide tempels nog genoeg te doene gee! Laat ons dit maar voorlopig daarby hou!”

6. Na die geheime besluit het een van die tien bodes hom vervolgens tot die raadshere gerig en gepraat:

7. “Meen julle raadshere, wie wys en buitengewoon slim wil wees, dat julle geheime besluit ons ontgaan het? Wel, dan vergis julle julle tog wel enorm!

8. Die Heer van hemel en aarde het die gehoor van ons gees so goed ingeskerp, dat ons julle geheimste gedagtes as hardop uitgespreekte woorde kan hoor!

9. Wat wil julle dus maak met julle geslepe wysheid?

10. Dink julle dat ons nouliks in staat is om die kritiek van julle ellendige verstand te weerlê?

11. O julle dwase, wat is julle geslepe verstand nou? Niks anders as `n swak naglans van die helder Wysheid wat julle oervaders eens besit het in so `n verhewe Lig, dat dit vergelyk kon word met die lig van `n opgaande son!

12. Dieselfde Wysheid uit God besit ons nog in onverminderde mate, en julle wil met julle naglans teen Haar gaan?!

13. O wat `n dwaasheid om nie in te sien dat die duisternis net so lank kan standhou as wat die Lig nie kom nie; maar as die Lig uit die hemele gekom het, wat wil julle dan nog met julle duisternis maak?

14. Werklik, soos die nag vlug vir die opgaande son en oral geheel tot niet gemaak word deur die ligglans van die son, so moet ook al julle verstand skielik wyk en volledig verlore gaan waar die Lig van God uit ons begin te straal!

15. Maar ons hoef ons gladnie in te laat met lang lerings en gesprekke nie; julle moet maar net doen wat ons van julle vra!

16. Ons wil, wat deur God vir ons ingegee is, het ons aan julle meegedeel en dit is voldoende!

17. Wil julle daarvolgens handel, dan sal dit goed wees vir julle en vir die hele volk, en wil julle dit nie, dan kan julle seker wees daarvan dat ons julle tot niks sal dwing nie, nie deur ons mag oor die vuur nie en nog minder deur ons wyse woorde!

18. Verwag in elk geval nie dat ons onsself nou langer in julle midde sal ophou en hartroerende vermanings sal gee nie; dit is slegs vir arm en swak mense.

19. Vir julle bly daar egter niks anders oor nie, behalwe blinde gehoorsaamheid, soos julle dit van die volk verlang het, of die oordeel; want die Heer maak met julle soos wat julle met die volk gemaak het!

20. Dit was ons laaste woorde aan julle; doen wat ons sê of doen dit nie! Amen!”

21. Hierop verlaat die tiental weer die saal en die kasteel, en hulle het hulle vandaar weer na die herbergier begewe wat vroeër kos en inwoning vir hulle aangebied het.

22. Maar die raadshere het hulle stewig agter die ore gekrap, want hulle was nou van alle kante vas en het geen oplossing gesien nie. Want volg hulle die woorde van die tien op, dan ontbloot hulle hulleself voor die volk; en handel hulle volgens hulle eie bevinding, dan het hulle die dreiging van die tien teen hulle.

23. Goeie raad was hier dus vir die raadshere baie duur.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205