`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 155

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die woorde van die Heer aan die tien bodes en hulle ultimatum aan die honderd agtergeblewe raadshere. Die raadshere in die noute

(6 November 1843)

155 Maar die Heer het aan die tien bodes gesê: “Gaan nou na die honderd raadshere wat nog oor is, verhoor hulle en stel dan My saak aan hulle voor!

2. Stel `n termyn van sewe dae en sê aan hulle: “As julle nie binne hierdie tyd die wil van die Heer sal vervul nie, dan kan julle die voorbeeld van julle voorgangers volg; maar as julle die wil van die Heer vervul, dan sal ons vuis julle beskerm!”

3. So het die Heer met die tien gepraat, en hulle het hulle ylings na die honderd raadshere begewe wat nog oor was.

4. Toe hulle die tien skrikaanjaende manne gesien het, het hulle so erg geskrik dat hulle gebeef het, asof hulle reeds by die rand van die ewige afgrond gestaan het.

5. Maar die tien het gesê: “Die vrede van bo sy met julle! Vrees ons nie te veel nie, want ons is immers geen ongeluksbodes vir julle nie, maar ons is slegs deur God gekose draers van Sy wil aan julle almal.

6. Die oogmerk van ons ewig ware gesantskap is julle tydelike en ewige welsyn; daarom vermaan ons julle om te doen wat julle onlangs van ons verneem het, en ons stel julle `n termyn van sewe dae dinktyd daarvoor, om te handel volgens die woord van die Heer, al dan nie!

7. Doen julle dit nie, dan kan julle julle voorgangers volg, of julle sal julleself met julle eie vuiste en die vuiste van julle medestanders moet beskerm; maar as julle die woord van die Heer sal vervul, dan sal julle deur ons vuiste beskerm word!

8. So lui die wil van die Heer, en so ook die woord!

9. Vervul dit vrywillig, dan sal julle ook vry word; vervul julle dit as knegte, dan sal julle ook knegte bly; vervul julle dit onder dwang, dan sal julle voortaan onder dwang staan, soos die diere in die bos en die vryheid sal julle nooit ten deel val nie! Vlug julle egter, dan sal julle vlugtelinge bly tot aan die einde van alle tye!

10. Wee egter elke leuenaar onder julle, want wie lieg, sal deur die Heer getugtig word met `n vlammende roede! Amen.”

11. Hierop het die tien die raadshere weer verlaat. Toe hulle weg was, het een van die honderd raadshere opgestaan en gesê:

12. “Vriende, broers! Nou staan en sit ons hier van alle kante ingeklem!

13. `n Termyn van sewe dae! Doen ons wat ons self wil, dan is vuiste, of ewige vlug, of ewige knegskap, voortdurende dwang of selfs vlammende roede ons deel!

14. Daar bly dus niks anders oor nie as van al die aangebodene die kleinste euwel te kies, en dit is volgens my sonder meer vlug! Laat ons julle mening egter ook hoor, sodat die meerderheid van ons eens kan word!”

15. Hierop het die raadshere drie dae lank beraadslaag; en die vervolg sal duidelik maak tot welke besluit hulle uiteindelik gekom het.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205