`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 159

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die vurige wolk op die koepel van die tempel. Ohlad se waardige woorde. Die bespreking van die tien bodes met Ohlad

(10 November 1843)

159 Toe die poort nou geopen word, was die ronde koepel van die tempel skielik bedek deur `n vurige wolk, waaruit duisende bliksemstrale gekom het, wat `n hewige en magtige gedonder veroorsaak het.

2. Die hele volk het gekerm en het merendeels verstyf van skrik daar gestaan en het `n verskriklike oordeel verwag.

3. Baie sou graag weggevlug het, maar hulle durf nie; want hulle was bang dat God nog toorniger daardeur sou word.

4. Maar Ohlad, self magtig van stryk gebring, het tot die tien gespreek: “Ek het my trou aan God die Heer gesweer! Daarom vrees ek nie die bliksems nie; laat hulle maar op my neerstort soos die hewigste hael uit die hemel, en laat hulle maar vir my saam met die hele aarde verteer! My liggaam kan hulle neerslaan en doodmaak, maar my wil nooit as te nimmer nie!

5. God, Almagtige! U het my deur hierdie magtige bodes laat wek! My liefde tot U het ontwaak, my gees het U, o groot God, ontdek en het ervaar dat U die ewige enigste Waaragtige, Getroue en bo alles Magtige is; daarom sal ek U dan ook liefhê en eer in die vuur van U toorn en U gramskap!

6. Omhul U heilige tempel heeltemal met vuur, tog sal ek in my liefde tot U, daarheen gaan en U heiligdom open en daar U allerheiligste Naam hemelhoog prys!”

7. Toe Ohlad hierdie kragtige toespraak beëindig het, het die tien bodes hulle oor sy waaragtige erns verbaas, en een van hulle het aan hom gesê:

8. “Broer, ten seerste het jy die Heer geloof en baie ernstig en vasberade het jou woorde geklink! Maar wat sou jy doen as die Heer jou nou ernstig op die proef sou stel?

9. Want sien, ons wil is wel kragtig genoeg vir ons onderling, dus as mense, maar teenoor die Heer is alle mense niks, en `n vonkie van Sy wil kan `n hele skepping verstar, om maar niks te sê van die wil van  mense soos ons nie!

10. Trek daarom nou jou te groot erns liewer ietwat terug, anders kan dit net gebeur dat die Heer jou vaste wil aan die tand wil voel!”

11. Hierdie woorde het die geregverdigde voornemens van Ohlad nie in die minste verswak nie; inteendeel, hy het die tien maar net geantwoord: “Julle magtige vriende van God kan wel gelyk hê! As ek my trou en liefde aan `n mens gesweer het, dan kan daar dalk met my gepraat word, maar ek het by julle God gesweer, en eerder kan `n vurige afgrond my verslind, as dat ek ook maar in die minste van my voornemens, wat aan God gewy is, afwyk! Hier is die heilige sleutel! En nou na die heilige poort daarmee! Amen.”

12. Nog maar nouliks het Ohlad hierdie woorde uitgespreek of die hele hemel het hom in duister gehul; orkane het begin te woed, miljoene bliksems het uit die gloeiende golwende wolke neergestort, en om die tempel het skielik magtige vlamme wild tierend uit die grond omhoog geslaan .

13. Die hele volk het van ontsetting verstyf en die tien het aan Ohlad gevra: “Wel, wat gaan jy nou doen?”

14. Maar Ohlad het gesê: “My wil bewe nie; daarom voorwaarts! Want bliksems, vlamme en orkane is vir diegene wie die ware liefde tot God het, geen mure nie!

15. Ook al word dié liggaam vernietig, dan dring ek tog met my gees die tempel binne; want die vlam in my is sterker as al die gruweltuig! Daarom voorwaarts! Amen!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205