`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 161

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Ohlad word deur een van die tien bodes onderrig

(14 November 1843)

161 En een van die tien het Ohlad teengehou en aan hom gesê: “Ohlad, waarheen wil jy vlug om jou vir God te verberg?

2. Kyk na die groot bedekte hemel, die vurige wolke waaruit steeds duisende bliksems neerskiet! Weet jy waar die einde daarvan is?

3. Dink jy nie dat God, die Heer, jou in alle ewigheid kan volg en dat jy jou nêrens vir Hom kan verberg nie?!

4. Maar luister verder: Deur hierdie vuurstorm wil die Heer, jou God, jou nie te kenne gee dat dit nie Sy wil sou wees dat jy Sy tempels open nie, maar Hy wil daardeur jou en alle verre en nabye en die hier aanwesige volkere maar net te kenne gee dat Hy dit volledig ernstig met julle meen!

5. Hy wil nie met julle speel nie, maar julle vir die ewige welsyn wen of tot julle verderf rig; want vrydenkende en vrywillende mense het God nie vir die aardigheid geskape nie, maar om ewig hoogs belangrike redes het Hy hulle geskape en het hulle die mees wyse vrye wette gegee, wat hulle moet onderhou, en het hulle ook altyd getoon dat hierdie skepsele Sy kinders is, wie Hy met oneindige ewige liefde liefhet!

6. En as dit so is, dan sal dit tog goed duidelik wees dat God deur hierdie vuurstorm slegs Sy erns, maar nie Sy onwil, teenoor die opening van die tempels te kenne gee nie!

7. Laat die moed daarom nie sink nie; maar bou nie te veel daarop nie! Want sien, die sterkes van die aarde beproef die Heer altyd met Sy krag, en die swakkes, die sagtes en deemoediges met Sy liefde en sagmoedigheid!

8. Jy het daarstraks teenoor die Heer `n groot krag getoon, waarteen ons jou gewaarsku het; maar jy meen tog om met jou kragtige erns te moet deurdring vir en teen God!

9. Daarom ook het Hy jou `n vonkie van Sy erns laat voel, om jou daardeur te verdeemoedig. Maar jy is nou volledig verdeemoedig en dus ryp om die tempels te open. Gaan daarom nou, deur ons gelei, aan met die verhewe werk, en niks sal jou meer in die weg staan daarmee nie!

10. Sien, dat die Heer by die mense nie die hoogmoedige kragtige erns laat geld nie, maar slegs die beskeie deemoed, waardeur die mens met insig voor God beken dat hy, ten opsigte van Hom, niks is nie, het Hy meermale op die hoogte laat sien!

11. So wou `n sekere Abedam uit die middag eens uit groot liefde tot die Heer volgens sy seën in die vuur gaan of tot aan die einde van die wêreld!

12. Maar die Heer het hom te kenne gegee dat die mens nie te groot beloftes moet maak nie.

13. Maar Abedam het daarop gestaan en sien, `n hardnekkige vlieg was genoeg om Abedam in die kortste tyd nagenoeg tot vertwyfeling te bring!

14. So wil die Heer in alles maar net die deemoed van die mens hê; want selfs die mees regverdige hoogmoed is `n gruwel vir die Heer!

15. Begryp dit nou en volg ons; want nou sal die sleutel nie brandend vir jou word nie, en die vlamme sal jou geensins brand nie! Amen.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205