`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 168

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die woorde van die heilige Vader tot Sy versamelde kinders. Die liefde en die geduld van die Heer met die mense. Oor die verhouding van die volk tot die koning

(23 November 1843)

168 “Kinders”, het die Heer tot die volk gespreek, “kom hier en wees nie bang vir My, julle ewige Vader nie, want Ek het julle besoek, nie om te oordeel nie, maar om julle My barmhartigheid en erbarming ten deel te laat val!

2. Maar dié keer het dit baie gekos! Die Vader moes Homself deur die vuur, weer `n weg baan na julle harte en moes oral die aarde verwond om die hier en daar nog enigsins lewende innerlike te bereik om daarin deur `n nuwe lewensasem uit My, julle God en Vader, die heeltemal verskrompelde gees te hulp te kom!

3. Deur `n groot doodsangs in julle moes Ek julle volledig verstrooide siel tot inkeer bring en haar dus heeltemal nuut omvorm, sodat sy weer in staat kan wees om die lewe van die gees uit My in haarself te laat geld en haar te laat lei deur die sagmoedige krag daarvan!

4. Waarlik, julle het My groot moeite besorg! Julle steeds toenemende sonde het My geduld en lankmoedigheid buitengewoon op die proef gestel! Dit het nie veel meer geskeel nie of die andersins so magtige draad van My geduld was in die middel gebreek, omdat die groot en swaar las van julle sondes dit te veel uitgerek, dunner gemaak en daardeur verswak het!

5. Maar My liefde het meteens `n nuwe draad gespin; daarmee verbind Ek My nou weer opnuut met julle en het vir julle `n nuwe koning gewek en gesalf, wat julle sal lei op My weë wat altyd reg en smal is.

6. Hierdie koning moet julle, soos die hele volk in die laagte, in alles ten strengste gehoorsaam. Daarom sal hy julle wette gee waaraan julle julleself moet hou en wie hom teen hierdie wette sal verset, moet onmiddellik gestraf word volgens die heiliging van die wet.

7. Dit is nou My wil! Ek sal julle van nou af aan steeds konings gee; goeie, as julle in My liefde sal bly, maar ook tiranne as julle julle harte van My afwend. Onthou dit goed!

8. Maar wanneer julle wil saamspan teen die konings, teen die leiers en bestuurders, dan span julle saam teen My, en dan sal die Vader Homself omvorm en verander in die regter en sal oor julle almal `n oordeel laat kom waarvan die roep sal reik tot aan die einde van alle tye vir hierdie aarde!

9. Wanneer julle egter ontevrede oor `n koning sal wees, wend julle dan tot My, en Ek sal daarvoor sorg dat julle `n goeie koning kry! As julle egter self hier en daar begin om konings te salf, dan sal Ek My sorg vir julle terugtrek en sal julle oorlaat aan alle tirannie van `n deur julle gekose koning!

10. Julle ken nou My wil uit My sigbare mond. Handel daarvolgens; dan sal dit met julle goed gaan op aarde, en Ek sal julle nie laat val nie; in die teenoorgestelde geval bly die oordeel egter onvermydelik! Amen.”

11. Na hierdie woorde gebied die Heer die volk om uiteen te gaan, stel die vroeëre skenker van die olie aan as tempelwagter en begeef Hom toe met die koning en die ander tien die berg op, waar die ander tempel gestaan het.

12. Wat verder gebeur het, in die vervolg!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205