`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 17

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Satan beken sy leuens en die boosheid van sy koppigheid.

(14 April 1843)

17 Nou het die Satan bewend opgestaan en aan Kisehel gesê, wat sy stok, wat deur die Heer vir hom aangegee was, nog stewig in die hand gehou het:

2. “Luister jy, my kastyder vanuit die mag van jou God, wie ook ewig `n toornige God is oor my en nooit wil ophou om my met Sy verskriklike roede te slaan nie!

3. Ek het jou vroeër in my huiweringwekkende, verskriklike, beskuttende gedaante heelwat oor die Heer, die almagtige Skepper van alle dinge, geeste en mense gesê, maar dit neem ek nou in hierdie gedaante wat met joue ooreenkom, geheel as `n klinkklare leuen terug!

4. Wel het ek ware dinge vir jou gesê, maar omdat ek dit in my verdraai het, was dit `n leuen, want alles wat ek oor die Heer gesê het, dit het ek slegs oor myself gesê, en daarom is nie die Heer nie, maar slegs ek die reeds taamlike ou bedrieër van die wêreld en `n bluffer, hoewel nie direk met almag - nie, maar tog wel met baie groot magsvertoon!

5. Nie die Heer nie, maar slegs ek het reeds baie sonnestelsels verwoes, en wat my aanbetref, in hulle ewige niks sou versink het, as die Heer Hom nie daaroor sou ontferm het en hulle, deur Sy magtige boodskappers, na `n plek in die oneindigheid laat bring het nie, waar hulle in nuwe, rustige bane sal loop, wat nooit deur my pesverwekkende asem bereik sal kan word nie.

6. Sien, as dit van my sou afhang, sou daar elke oomblik `n ander skepping ontstaan het en geen enkele wese sou bly bestaan het nie; want ek sou slegs wou skep om iets te hê wat ek kan verwoes en ek sou allerlei bekoorlike mooi mense gevorm en lewendig verwek het, om hulle dan vanuit my boosaardige lus te kwel en sodra ek genoeg gekwel het, sou ek hulle ook weer geheel en al vernietig.

7. Sien, ek was altyd `n leuenaar en ek sou ook nou duisend maal eerder vir jou lieg, as om die volle waarheid vir jou te sê; maar ek vrees jou stok te veel, sodat ek dit nie sal aandurf om weer vir jou te lieg nie! 

8. Maar dit sal nie met my beter gaan nie, hoewel ek nou die waarheid aan jou beken het, solank as wat hierdie groot mag vir my gelaat word, solank, wat die materie betref, die hele sigbare wêreld, dit wil sê aarde, son, maan en alle eindelose baie sterre en ook tallose sonne, wêrelde en eindelose verskillende soorte wesens, volledig aan my ondergeskik moet bly en ek hulle heer moet wees.

9. Want dit moet ek wees, omdat ek soos `n geskape god is, en ek is nou in die materiële heelal sodanig volledig gevange, dat ek my ewiglik nie daaraan kan onttrek nie solank as wat daar nog `n laaste materiële stoffie van die allerlaaste wêreld sal bestaan. Op grond daarvan is ek ook maar net uit op die voortdurende vernietiging van die dinge wat die Almagtige bou, om volgens my heerssugtige opvatting van vroeër, my alleenheerskappy te verwerf en die Heer van die heerlikheid sogenaamd van Sy troon af te stoot, omdat Hy altyd en ewig teen my vernietigingsplanne is, sedert ek uit Hom, in my buitengewoon magtige en nagenoeg eindelose groot bestaan geroep is, ten einde naas Hom as `n tweede god te wees en met Hom te heers, maar Hom tog in alle liefde bo alles lief te hê, uit die diepste van my innerlike, sodat ek ewig vir Hom sou wees wat `n getroue vrou vir haar man is!

10. Waarlik, groots en heerlik was ek geplaas! Wat ek maar gewil het, was ook dadelik daar, en die Heer het my nie gehinder in my wil en in my skepping nie. 

11. Maar as ek die geskapene weer wou verwoes, het die Heer my dit verhinder. Daardeur het ek my egter ook beperk in my mag ten opsigte van God gesien.   

12. Deur lis wou ek Hom aan my kant bring en het myself so mooi gemaak as wat maar moontlik is. Daarvoor het ek myself in al my lig ontsteek, om die Heer te verblind. 

13. Maar die Heer neem my skielik in my lig gevange, skep toe die materie uit my lig en naas my tallose skares heerlike wesens en het meer van hulle gehou as van my, Sy eersgeskape vrou.

14. Eers toe gaan ek blindelings oor in die mees dolle raserny en vervloek nou die Heer al ewig lank, wat my weliswaar al dikwels wou gered het, maar my woede, omdat Hy my nie wil laat heers nie, is te groot om my deur Hom te laat red!

15. Nou het Satana gepraat en het geen leuens nie, maar die waarheid gesê. Neem, Heer, daarom die groot mag van haar af, sodat sy U nie opnuut kan weerstaan nie, om deur U steeds erger en erger daarvoor getugtig te word!

16. Gee my `n nuwe termyn, en ek sal my binne dié tyd tot U wend!

17. Maar wanneer my groot afguns jeens U, my weer in woede sou laat ontsteek omdat U U hart geheel na die nuutgeskapene keer en ek hulle daarom sou moet vervolg, neem dan alle mag van my af en verwerp my vir ewig, of doen met my wat U wil!

18. Hang my op tussen hemel en aarde, sodat my woede my sal verteer in die Aangesig van al U heerlikheid en al diegene wat U liefhet en wat U mag en kan liefhê! U wil geskied!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205