`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 174

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die verskil tussen dooie en goddelike wette. Ohlad se woorde tot die nege-en-negentig raadshere oor die goddelike wil

(1 Desember 1843)

174 Daarop het die woordvoerder van die tien hom weer tot Ohlad gewend en aan hom gesê: “Nou, broer, kan jy die nege-en-negentig die wil van die Heer gaan meedeel; hulle sal na jou luister!

2. Maar praat met geen woord oor die voorwaardes nie, want die geopenbaarde goddelike wil, wat uit die ewige orde van God voortvloei, bekragtig hom vanself! Begryp jy dit?

3. Bowendien is `n wet waaraan mens `n voorwaarde moet toevoeg alleen al sleg, verwerplik, onaanvaarbaar en leeg, deurdat die voorwaarde daarin nie besluit gelê het as `n baie natuurlike en regverdige gevolg van die oortree daarvan nie. En juis hierdie leë wette word deur hierdie helde gevrees, en tereg; want sulke wette maak die mens altyd tot `n ware slaaf.

4. Maar die wette van bo, vanuit die ewige goddelike orde, vrees hierdie helde nie, want hulle weet nie dat die wette al van die ewigheid af aan die straf in hom dra soos wat elke mens `n straffende gees in sy gewete in hom dra nie.

5. Gaan maak hulle daarom nou die goddelike wil bekend, en hulle ontvang daardeur in één persoon die leier en die regter tegelyk; doen dit so!”

6. Hierdie woorde begryp Ohlad baie goed en daarom het hy dadelik na die nege-en-negentig gegaan en het die volgende woorde tot die woordvoerder van die nege-en-negentig gerig:

7. “Noudat ek van my minister verneem het dat julle na my wil luister, sal ek dan ook in die Naam van die Heer van hemel en aarde my mond vir julle oopmaak en julle met baie weinig woorde verkondig wat die Heer van julle verlang en wat julle almal nodig het vir julle tydelike, maar ook in die toekoms vir julle ewige welsyn. En daarom versoek ek julle as julle broer dat julle my geduldig en gelate sal aanhoor!

8. So lui die goddelike wil vir my, vir julle en vir elke mens:”Ken en het God lief bokant alles, en al jou broers en susters soos elkeen sy eie lewe liefhet; vermy oorbodige genoegdoenings van die vlees en bedink dat daar slegs één Heer is, en dat ons mense suiwer broers onder mekaar is, dan sal julle regverdig wees en rein in die oë van God en die hele wêreld, waar julle ookal mag wees, en die Heer sal julle oral seën en lei na julle ewige geluk!”

9. Dat is die suiwer, goddelike orde en slegs daarin kan alle dinge bestaanbaar geag word; sonder haar is daar ewig geen bestaan van die een of ander bestaan nie! Nou het julle reeds alles!

10. As julle nou wil weggaan of hier bly, dit is vir my om`t ewe; julle moet julle slegs laat welgeval dat julle self julle brood gaan verdien, sodat die burgers van `n swaar verpligting bevry word.

11. Origens sal ek die hart van die burgers nie vergrendel nie en net so min my eie hart!

12. En ekself en my tien ministers sal trag om ons behoeftes sterk te beperk en die lewe van die burgers soveel moontlik te verlig.

13. Doen julle dit ook, dan kan julle bly en hierdie kasteel bewoon!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205