`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 176

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Ohlad se verleentheid en die advies van sy ministers oor die behandeling van soortgelyke verstandshelde. Die afbreek van die onderhandelings

(5 Desember 1843)

176 Toe Ohlad hierdie woorde van die woordvoerder van die nege-en-negentig gehoor het, het hy nie geweet wat hy daarop moes antwoord nie; en tegelykertyd het dit ook in sy karakter gelê dat hy weens `n geringe ergernis geen woord kon uitbring nie, en daarom was dit soveel moeiliker vir hom om die baie kritiese teenstander `n bevredigende antwoord te gee.

2. Die tiental het Ohlad se taamlik ernstige verleentheid gemerk; daarom het hulle na hom gegaan en een van hulle het aan hom gesê: “Ohlad, vererg jou nie vergeefs nie, want kyk, voor ons staan volkome blinde mense, wat nie eens soveel lig het dat hulle die allerduisterste nag van die helderste dag kan onderskei nie! Daarom het dit ook geen enkele sin om nog verder met hulle te praat nie!

3. Mense wie dit met hulle hoof en hulle verstand sover gebring het dat hulle die vrye gees en haar liefde, wat hulle wese is en wat heeltemal uit God is, in sakke wil pers, is nie meer in staat tot `n hoër lering nie!

4. Want hulle lyk soos die poppe wat, wanneer hulle hulleself in hulle eie weefsel ingespin het, hulleself van elke hoër ligstroom afgesny het!

5. Hierdie poppe word wel mettertyd weer lewendig en word mooi vlinders, maar wat se vreeslike beeld is dit nie?! Want dit stel niks anders voor nie, as `n hinderlike stel dagdiewe, leeglopers en kunssinniges wat hulle idees, soos `n vlinder haar eiers, in die jong aanplant van die mensegeslag lê, waaruit dan baie spoedig tallose skadelike ruspes tevoorskyn kom en net so vinnig alle heerlike, lewende drange van die geestelike lewe aantas en ten gronde rig!

6. Laat ons daarom hierdie blinde, mensagtige verstandspoppe maar so spoedig moontlik van hier af weggaan, want nou skyn in ons midde die gees van die ewige lewende son! Deur haar warmte sou hierdie poppe spoedig uitgebroei kan word en dan hulle verderflike broeisel in ons nuwe plante lê!

7. Daarom sal ons met hierdie mense geen nuttelose woorde meer wissel nie, maar hulle dadelik laat vertrek; en hoe hulle wind hulle sal draai, daar moet hulle ook heengaan, want elke wurm ken sy krui wat vir hom smaak het en wat hy dan begerig vreet!”

8. Maar die woordvoerder van die nege-en-negentig het gesê: “Ja, waar mense so met mense praat, daar kan hulle nie bymekaar bly en woon nie! Hulle predik die deemoed en is daarby nog hoogmoediger as `n pou wie se stert volgroeid is! Daarom gaan ons weg, en seker, ons sal beslis êrens ons krui vind!”

9. Die woordvoerder van die tiental het gepraat: “Ja, gaan weg van hier; want hier groei vir julle geen krui meer nie!

10. Mense, aan wie ons alles toegestaan het, as hulle ons eenvoudige wet sou aanneem, deug nie vir ons nie, aangesien ons weet dat God ons harte presies so ingerig het soos die oog, wat weliswaar baie male kleiner is as die sigbare groot skepping, maar dit desondanks in hom kan opneem en beskou! En dus kom dit nie op die volume aan nie, maar op die wil van die lewedraende wese!

11. Gaan nou heen, want hier kan julle nie bly nie! Drie dae is julle vergun om julle spul te pak; daarna geen oomblik meer nie!

12. Begryp dit goed, en so moet dit beslis gebeur!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205