`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 180

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Al honderd-en-tien gaan na die tempel om die seën te ontvang. Die vuursee en Ohlad se wyse woorde ter gerusstelling. Die betree van die tempel

(11 Desember 1843)

180 Die volgende môre het Ohlad reeds twee uur voor sonsondergang met sy ministers na die nege-en-negentig toe gekom en tot sy groot vreugde almal reeds feestelik voorberei gevind om die tempels binne te gaan.

2. Manne, vrouens en kinders het daar byeengekom, en die bediendes het gewag op die uitgestrekte erf van hulle gebieders.

3. En toe alles nou gereed was, word die weg na die eerste tempel ook dadelik ingeslaan.

4. Toe die hele, groot geselskap by die voorhof aangekom het, het daar onmiddellik tallose bliksemstrale van die goue dak van die tempel in die groot voorhof geslaan. Tegelykertyd egter het die tien ministers na al die omliggende vuurspuwende berge gewink, en op dieselfde oomblik dryf hierdie hemelhoë vlammepilare uit hulle kraters; en die met die vlamme ontsnappende reusagtige rookmassas het baie spoedig die sigbare uitspansel bedek.

5. Dié verskynsel het op ons nege-en-negentig raadshere `n oorweldigende indruk gemaak, want hulle het hulle dood voor oë gesien, dit wil sê, soos wat hulle dit vir hulleself voorgestel het.

6. Hewig bewend en sidderend het Danel Ohlad genader en gesê: “Magtige, deur God gesalfde koning! Spaar ons, en laat ons tog nie so ellendig ten gronde rig nie, want jou mag en geweld is verskriklik!

7. Wie sal daar naas jou kan bestaan? Wie sal jou onderdaan kan wees en kan lewe? Want voordat hy daarop bedag sal wees, sal die vlamme van jou mag hom reeds omvou en sy liggaam tot as verbrand het.”

8. Maar Ohlad het aan Danel gesê: “Wees nie besorg oor sulke dwase dinge nie! Dit is immers die erns wat die Heer jou, netsoos ook al jou metgeselle, nou toon; en sou die Heer nie hierdie erns aan julle getoon het nie, dan sou jy nie waardig gewees het om hier die magtige seën te ontvang, waardeur julle die volkere sal trek na die Lig van die lewe uit God nie!

9. Weg daarom met die dwase angs, en weg met die bewe en bibber, want God, Wie tog `n ewige, liefdevolle Vader is, kom julle nou tegemoet in die hewigste vuur uit Sy oneindige, heilige liefde tot julle!

10. Want ek, nóg hierdie ministers, is in staat om die bliksems van die dak en al die vuur uit die aarde op te roep; God Self het dit slegs uit liefde tot julle gedoen, om julle nog diepgaander voor te berei op Sy aankoms in die tempel, wat `n seën vir julle sal wees!”

11. Hierdie woorde was voldoende om Danel, netsoos sy metgeselle, van sy groot angs te bevry en hom moed in te praat om die voorhof te betree en dan na die ware opwekking van die lewende deemoed en liefde, ook die tempel.

12. Daarna het Ohlad die poort van die voorhof dadelik laat open en tree toe self met die grootste eerbied saam met die hele, groot geselskap na binne, het daar lof aan die Heer gebring en gaan vervolgens die tempel in, waar slegs die tien hom mog volg. Al die ander van die geselskap moes in die voorhof bly, want slegs die ingewydes mag die tempel betree het.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205