`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 181

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Ohlad by die altaar voor die Heer

(12 Desember 1843)

181 Toe Ohlad saam met die tien ministers die tempel binnegegaan het, het hy dadelik voor die altaar neergeval en tot God gebid dat Hy die nege-en-negentig broers saam met die skynkoning genadig en barmhartig sal wees.

2. En die Heer het uit die wit wolk gepraat: “Ohlad, Ek het jou en jou broers aangesien en het My verheug oor hulle ommekeer en dat hulle hulle hart en hulle siel tot My gewend het; maar Ek het nog iets teen hulle, en dit is van groot belang vir hulle gees.

3. In die wêreld lyk dit weliswaar redelik, asook korrek en heeltemal onskuldig; maar so is dit nie vir My nie!

4. Maar wat is dit wat Ek teen hulle het? Luister!

5. Hulle het ten seerste die neiging, om onder allerlei vriendskaplike voorwendsels wat hulle self versin het, bevriende families te besoek en weer `n teenbesoek te ontvang! Van hierdie verkeerde eienskap is selfs Danel, as die mees wyse, nie uitgesonder nie!

6. Die manne ondervind `n groot vreugde as hulle deur mooi vrouens besoek word en verheug hulle baie as hulle weer `n teenbesoek by sulke vrouens kan aflê.

7. Die vrouens daarenteen snak letterlik na die besoek van die manne; hoe gereelder en hoe meer sodanige besoeke daar is, hoe vroliker en belaglik vriendeliker word hulle.

8. Die vrouens besoek weliswaar die manne minder as wat hulle ander vrouens besoek, maar dikwels word die hele hemel byna rooigloeiend van ergernis vanweë die ontsettende dom onsin wat hulle daar uitkraam!

9. Hoe onsinniger en hoe waardeloser en dommer dit is, soveel te meer genoeë verskaf dit hulle; en hoe onsinniger, hoe dwaser, hoe dommer en hoe uitbundiger en belagliker dit daar by so `n geselskap toegaan, soveel aangenamer vind die mense dit en soveel te meer word dit op prys gestel en daarom word hulle ook graag by voorkeur besoek.

10. En veral sien die vrouens, jonk sowel as oud, daarop toe dat daar in so `n ligsinnige geselskap, wat Ek vanuit die grond haat, steeds verskillende jong manspersone verskyn, wat die kuns baie goed verstaan om vrouens die hof te maak en daarby ook weet om allerlei grappige speletjies te reël om daardeur aangename vermaak aan die vrouens te verskaf; en hoe onsinniger en dommer en hoe leër en banaler sodanige speletjies is, soveel meer gelief word hulle, en baie besonder wanneer hulle deur goedgeboude jong mans uitgevoer word! 

11. Sien, jou nege-en-negentig broers het sulke vrouens en sulke kinders; die vrou van Danel is die ergste onder hulle! Waarlik, daaraan het Ek die grootste hekel!

12. Ek sou liewer duisend jaar lank aas in My mond hou as om so `n liefhebster van galante geselskappe ook maar een sekonde lank van ver te moet aanskou!

13. Die rede daarvoor is dat dit die beste manier is om die gees vanuit My te verderwe en te dood; want by sulke byeenkomste leer die vrou, sowel as die man, die allerbeste om My te vergeet en om hulle heeltemal in die giftige slangarms van die laggende en vleiende wêreld te werp!

14. Wie dink in so `n ligsinnige, speel, babbel en laggeselskap aan My, terwyl Ek tog elke oomblik hulle lewe in stand moet hou?!

15. Daarom vervloek Ek ook al sulke geselskappe waar die mense mekaar besoek om hulle te verlustig, maar nie om met mekaar te praat en te leer van My nie; en al is die besoek hoe onbelangrik, hulle is tog vervloek, veral as daar kinders saamgeneem word, waarin al die beter saad baie spoedig verstik word.

16. Gaan daarom na buite en verkondig My wil aan jou nege-en-negentig broers, en hulle moet dieselfde doen by hulle afgestompte vrouens en kinders; en sê dat Ek niemand met My barmhartigheid sal seën alvorens hy nie sy huis so sal orden nie!

17. Word dié euwel nie tot in die wortel uitgeroei nie, dan sal Ek My oordeel, in plaas van My barmhartigheid, aan so `n wêreld gee! Amen.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205