`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 182

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Ohlad se dwase versoek aan die Heer. Belangrike wenk van die Heer vir geselskappe. “Waar twee of drie byeen is in My naam, is Ek in hulle midde!”

(13 Desember 1843)

182 En daarop het Ohlad in die diepste deemoed tot die Heer gespreek: “O Heer, U meer as heilige Naam word geheilig, en U wil geskied altyd en ewig!

2. Ek, `n armsalige, ellendige wurm ten aansien van U in die stof van my volledige nietigheid, waag dit egter tog om uit die grond van my groot nood `n vraag aan U te stel, en U, o Vader, vervul van oneindige liefde, erbarming en geduld, sal tog nie vertoornd word op my daaroor nie!”

3. En die Heer het uit die wolk gepraat: “Staan dan op en praat! Ek sal My oor teen jou mond lê!”

4. En Ohlad het opgestaan en gesê: “O Heer, sê my volgens U barmhartigheid: Mag ons mense dan nooit ons bure besoek en ons nooit selfs op `n baie eerbare manier met ons broers en susters vermaak nie?

5. Sien, ons armsalige mense het op hierdie maer aarde immers tog weinig om ons mee te vermaak! Wanneer ons ook nog ons wedersydse gesellige besoek en besprekings heeltemal moet vermy, dan bly daar immers vir ons glad niks anders oor nie as om êrens in `n gat te kruip en daar aan die eie jammerlike verveling te knaag!

6. Daarom wil ek U, o Heer, tog wel in die naam van al my broers en susters vra om U wil slegs ietwat te verswak! Sal U so goed wees om vir my `n voorskrif te gee, ja selfs `n wet, waarvolgens besoeke tog sou mag plaasvind?!”

7. En die Heer het daarop aan Ohlad gesê: “Ek weet goed dat jy ook nog `n siek esel is; daarom verlang jy so-iets van My, wat totaal in stryd is met My orde!

8. Kyk, jou os, op aarde groei geseënde en vervloekte plante, struike, bome en vrugte; die geseënde stam uit die hemel, en die vervloekte uit die hel. Die vrugte van die laaste soort is gereeld aantrekliker as die eerste. Sou jy ook nie daarvan wil sê: “Heer, ontneem hulle die dodelike gif, sodat ons daarvan kan geniet net soos van die geseënde?”

9. Maar Ek sê vir jou: Dit doen Ek nie, want Ek het tog by één vervloekte plant dertig geseëndes gesit, en dit sal tog genoeg wees!

10. Daarby is jy nog vry om die vervloekte plante uit te roei en in die plek daarvan suiwer geseëndes te plant. Is dit nie genoeg nie?

11. So het Ek die mens ook één metgesellin en één helpster gegee, en sien, die eerste mens Adam was daarmee tevrede! Wil julle dan meer wees as wat die eerste mensepaar op aarde was?!

12. Het elke vader en ook elke moeder nie hulle kinders nie?! En het elke huiseienaar nie sy bediendes, sy knegte en maagde, wat ook mense is nie?! Wat wil hy dan nog meer hê?

13. Adam het maar één vrou en later sy kinders gehad en het geen knegte en geen maagde gehad nie, en kyk, daarmee was hy tevrede! Waarom wil julle dan meer hê as dit alles vanuit My orde aan Adam gegee was?!

14. O, julle het nooit genoeg nie, julle wil meer hê, omdat julle nie voldoende aan My het nie! Ek is vir julle te min; daarom wil julle die vermaaklikhede van die wêreld hê! Daarom wil julle lag en klets en in vrolike geselskap speel omdat Ek julle verveel!

15. Adam het aan My geselskap genoeg gehad en Eva het genoeg aan Adam en haar kinders gehad; daarom het hy negehonderd-en-dertig jaar tevrede en sonder geselskapspeletjies geleef! Waarom wil julle dan meer hê?

16. Maar Ek sê vir jou omdat Ek jou reeds gesalf het: Indien julle mekaar in My Naam besoek, soos Adam dit selfs by sy kinders gedoen het, dan sal elke geselskap ook geseën wees; want waar daar twee of drie in My Naam byeen is, is Ek in hulle midde!  

17. Waar mense mekaar egter besoek terwille van watter wêreldse vermaak dan ook, daar sal Satan in hulle midde wees en sal sy kinders na hartelus wurg!

18. Vra My daarom nie weer as jy My nie vir die laaste keer iets gevra wil hê nie, maar gaan ylings en vervul My wil! Amen.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205