`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 185

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Ohlad loof Danel vir sy goeie woorde en dra hom op om die Heer daarvoor te dank

(18 Desember 1843)

185 Daarop gaan Danel weer terug na Ohlad en het aan hom gesê: “Broer, jy gesalfde, ware koning, vervul met mag en barmhartigheid vanuit die Heer, Wie as enigste God heers en alle dinge en wesens regeer, sedert ewigheid heilig, meer as heilig, jyself was nou oog- en oorgetuie hoe ek ongetwyfeld, vir sover dit vir my maar moontlik was, die wil van die Heer aan ons vrouens en kinders met luide stem verkondig het! Of dit enige nut sal hê, daarvoor kan ek onmoontlik borgstaan!

2. Mag dit deur die barmhartigheid van die Heer en die koninklike mag wat aan jou verleen is, slaag!”

3. En Ohlad, wat baie verbaas was oor die vroeëre toespraak van Danel, het aan hom gesê: “Voorwaar, soos wat jy nou tot almal, die vrouens en kinders, asook indirek tot alle broers gespreek het, sou ek self nouliks gespreek het!

4. Want jou woorde het so waar en vol betekenis geklink, asof hulle nagenoeg regstreeks uit die mond van die Heer tot die volk gerig was!

5. Voorwaar, waar sulke woorde sonder uitwerking bly, help niks anders meer nie, as die oordeel en die allerstrengste straf!

6. Maar ek is stellig by voorbaat daarvan oortuig dat jy, beste broer, nie verniet gepraat het nie, want ek verneem en sien immers hoe elkeen aan die einde ten seerste in homself gekeer het, by name toe jy die pragtige beeld van die druppeltjie gif in tien emmers suiwer, gesonde water en ook die omgekeerde aangevoer het!

7. Laat hulle nou jou woorde maar vinnig in hulleself beskou en verwerk, en ek is volledig seker daarvan dat hulle hulleself daarvolgens sal rig en voeg, wanneer die gees van die woord eers heeltemal in hulle hele wese sal oorgaan!

8. Hulle is al deurgesuur; as die liefdeswarmte van die Heer nog daarby sal kom, dan sal die deeg wat jy nou aangemaak het, wel deur die krag wat in homself ontwikkel het, begin te rys! Begryp jy wat ek daarmee wil sê?!

9. Maar gaan nou saam met my na die poort van die tempel en val daar voor die allerheiligste aanwesigheid van die Heer neer en dank Hom uit die grond van jou hart vir die barmhartigheid waardeur jy in staat was om so wys te praat en vra die Heer ook oor die goeie gevolg van jou woorde!

10. Ek sal vóór jou die tempel binnegaan en sal daar voor die allerheiligste altaar van die Heer, in die teenwoordigheid van my ministers, dieselfde doen; en as die Heer jou dan sal roep, staan dan op en tree met die grootste eerbied en met die mees deemoedige liefde die tempel binne, en die Heer Self sal jou daar die aanwysing gee wat jou te doen staan! En laat ons dan nou daarheen gaan in die Naam van die Heer! Amen.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205