`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 189

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die nuwe tempel oor die triomfboog. Die voorstad van herberge. Die begin van die heidendom. Die verskil van insigte uit eie belang

(22 Desember 1843)

189 Binne een jaar was die tempel, wat soos die van Lameg gelyk het, klaar en die res van die plato buite die tempel by die triomfboog was gelykgemaak en met `n goue heiwerk omgewe, sodat diegene wat om die tempel heen gewandel het, nie die gevaar geloop het om van die hoë plato af te val nie.

2. Die gebou het nou pragtig gelyk en was daagliks deur duisende der duisende mense besoek, terwyl die binneste tempel slegs deur baie weiniges besoek was, deels uit vrees, maar deels ook deurdat hy in `n nie so aantreklike deel van die stad geleë was.

3. Na verloop van tien jaar het daar om die triomfboog `n nuwe stad ontstaan wat net uit herberge bestaan het en die baie pelgrims het in hierdie nuwe stad van herberge teen geringe betaling hulle gewenste onderdak gevind en dit was reg en goed.

4. Maar mettertyd het `n ander euwel begin ontwikkel; daar het algaande `n soort heidendom ontstaan, dit wil sê, daar het `n soort stryd ontstaan oor die vraag in watter een van die drie bestaande tempels God nou die mees genadigste en die mees liefderikste was. 

5. In die binneste tempel van Lameg sekerlik nie; want daar het Hy altyd soseer vanaf die dak af gebliksem en gedonder, dat iemand wie daarnaas gestaan het, sy lewe nie seker was nie!

6. In die tempel op die berg het dit veels te lugtig gelyk en dit was daarom nie te verwag dat God daar baie vrygewig sou wees met Sy barmhartigheid nie.

7. Maar in die nuwe tempel was God die meeste genadig en tegelyk die meeste vrygewig; daarom moes Hy ook daar die meeste besoek en vereer word!

8. Dat in die besonder juis daardie deel van die bewoners van Hanoch hulle teen hierdie godsdienswysheid verset het, naamlik dat hulle woonhuise en sierlike kapelle vir die gaste rondom die tempel van Lameg gebou het, is natuurlik duidelik; maar dit was nie net vanweë die werklike egtheid van die tempel nie, maar vanweë die swakker verdienste en mense betuig daarom die enigste egtheid van die tempel, wat Lameg in opdrag van God op wonderbaarlike wyse in sewe dae gebou het.

9. So het, in hulle eie belang, ook die herbergiers wat hulle rondom die berg gevestig het, waarop die tempel van die Wysheid gestaan het, geredeneer en hulle het gesê: “Watter nut het al julle vroomheid by die veelvuldige besoek van die nuwe tempel, as julle desondanks dom bly?! Daarbo staan die egte deur God Self meermale besoekte tempel waar Hy Wysheid uitdeel! Gaan daarheen! Waarlik, daar sal julle Wysheid verkry!”

10. Ohlad en al sy ministers het weliswaar die euwel gesien, maar hulle kon niks daaraan gedoen het nie, want die volk, wat van alle streke van die wêreld na die nuwe tempel op bedevaart gegaan het, was baie vroom en altyd baie bewoë en het daar die Naam van die enigste God buitengewoon geloof. Daarom moes hy die stryd tussen die drie partye rustig aansien, want oppervlakkig bekyk, het elkeen die regte ding beweer.

11. Al wat hy nog kon doen, was om goeie leraars vir die volk by die nuwe tempel aan te stel, wat die volk verstandig geleer het, maar daarby tog ook nie in staat was om die partye te versoen nie.

12. Wat egter mettertyd uit hierdie splitsing, wat suiwer uit eie belang ontstaan het, as `n baie giftige vrug tevoorskyn gekom het, sal die vervolg laat sien.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205