`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 191

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Dronel se seun Kinkar neem die regering oor. Die woorde tot die Heer by Dronel se aftrede. Die antwoord van die Heer. Die valse eed van Kinkar. Die gevare van die Naturalisme

191 Maar Dronel het `n seun, Kinkar gehad; en hy het die regering nog tydens sy lewe aan hom oorgedra. Want aangesien hy in die verloop van vyftig jaar geen wondermag van God kon afbedel en afdwing nie, het hy gesê:

2. “Heer, vyftig jaar lank het ek my moeisaam met die groot weerbarstigheid van die mense gepla! U het weliswaar altyd my groot nood gesien en tog wou U my nie gehelp het nie; en as ek U gevra het om deeglike hulp in die vorm van die wondermag, dan het U Uself teruggetrek, het my deurgaans glad geen antwoord of `n dreigende, of selfs `n bestraffende antwoord gegee! 

3. Ek het ewenwel uit eie krag gemaak wat ek kon doen en het U nooit vergeet nie! Ek het meer van die volk gehou as van my eie lewe; daarom het ek dan ook altyd met U getwis as U die volk gepynig het.

4. Maar nou het ek oud, swak en moeg geword en het `n groot verlange na rus.

5. My eersgebore seun Kinkar is `n kragtige man en het hoof en hart op die korrekte plek; aan hom dra ek die septer, die kroon en die troon oor, en die heerlikheid in die tempel lê ek met my hande in sy hande! Doen U ook dieselfde, Heer!

6. Want wat ek nou doen, doen ek nie in my nie, maar in U belang en dit van die volk; daarom sal U ook nie in stryd met U eie belang wil handel nie?”

7. En die Heer het aan Dronel gesê: “Luister, die mense het bo My hoof uitgegroei! Hulle doen wat hulle wil en slaan My raad in die wind; daarom sal Ek hulle vrylaat!

8. Jy het jou seun tot koning gemaak, volgens jou raad! Daarom sal hy ook koning wees, sonder die minste teenspraak van My, want jy het immers nooit na My raad geluister nie, omdat jy altyd alles beter geweet het as Ek, die Skepper van alle dinge!

9. En soos Ek nou die volk prysgee, gee Ek ook die koning prys en ook die tempels; en My engele en My wolk sal nie meer daarin woon nie!

10. Kyk maar hoe julle julleself in julle volledige ongebondenheid sal gedra!

11. Ek sal julle van nou af aan nóg tugtig, nóg straf, tot aan die tyd wat Ek vasgestel het.

12. Gelukkig is diegene wat Ek sal aantref, terwyl hulle besig sal wees in My welbekende wil; maar o wee, as die teendeel die geval is!

13. Hanoch, jy lê diep; oor jou sal die eerste vloed van My toorn homself uitstort! Amen.”

14. Van al hierdie dinge het Dronel sy seun Kinkar goed onderrig en daarmee het hy die regering aan hom oorgedra, maar het hom tog veral met klem aangeraai, dat hy die volk geen ander wet moes opdring, as wat die Heer aan Ohlad gegee het nie.

15. Kinkar het dit by die lewende Naam in die tempel gesweer.

16. En toe hy dit gesweer het, het die gees van die Heer ook uit die tempel gewyk, omdat Kinkar `n valse eed afgelê het, wat hy van plan was om te breek, so gou as wat sy vader Dronel sou sterf. 

17. Maar daarom het Dronel die tempel ingegaan en die leë altaar daar gesien. Hy het bedroef geword en die Heer aangeroep; maar sy roep het geen gehoor gevind nie. Daarom het hy die tempel verlaat en dit aan Kinkar gaan oordra.

18. Hy het egter gesê: “Die hele natuur is tog ook `n werk van God! As Hy nie meer wil hê dat ons Sy Naam eer nie, dan sal ons Sy werke eer! Is dit nie net so goed nie?”

19. En daarop het Dronel vir Kinkar geloof en het daarmee die hoeksteen vir alle afgodery gelê.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205