`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 192

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Kinkar as versamelaar van die wette van God en skrywer van beide boeke: “Die heilige skrif en julle heil” en “Die heilige geskiedenis van God ”. Dronel se lof oor Kinkar se werk

(28 Desember 1843)

192 Na `n jaar het Kinkar `n gesprek met sy vader Dronel gehad en gesê: “Vader, luister na my; daar het `n goeie gedagte deur my kop gegaan!

2. Kyk, God het ontrou aan ons geword, en dit oor `n rede wat vir ons onbegryplike is, terwyl ons tog nie op ons agterkoppe geval het nie! Ons wil egter nie met gelyke munt terugbetaal nie, maar juis die teendeel doen en Hom so trou bly as wat Hy sekerlik in al Sy ewighede nog nooit êrens by en aan sy skepsele meegemaak het nie!

3. Om die rede het ek gedurende die loop van die jaar die wette van God oral laat versamel en dit in één boek geskryf!

4. Ja, ek het selfs bodes na die hoogte gestuur! Daar het hulle buitengewoon ou mense aangetref, ek sê vir jou; - mense wat werklik die fabelagtige eerste mense op aarde geken het, volgens wat hulle sê! Ja, daar sou nog `n oeroue man lewe wat `n tydgenoot is van dieselfde Lameg wie beide tempels gebou het!

5. Die bodes het onder hierdie bergbewoners uitsonderlik diepsinnige wyses gevind en het van hulle `n hele boek vol goddelike Wysheid gekry, en daardie boek sou van `n sekere Henog wees, wie so besonder vroom moes gewees het, dat hy hom daardeur in die voortdurende sigbare aanwesigheid van God bevind het as Sy hoëpriester.

6. Sien, sulke waaragtig heilige skatte het ek in die hande gekry, en daar in die hande van die draers sien jy `n boek, drie voet lank, twee breed en een voet hoog, wat uit honderd metaalblaaie bestaan, naamlik `n mengsel van goud, silwer en koper.

7. Kyk, al die blaaie is heeltemal beskryf met `n puntige graveerskrif, en nie één woord is van my nie, maar alles wat ek in die laagte, asook op die hoogte oor God verneem het, wat ook maar enigsins na `n wet gelyk het, het ek baie getrou in dié boek geskryf!

8. Jy weet dat ek baie bedrewe in die hantering van die griffel is; so was dit vir my dan ook moontlik om dié boek in één jaar vol te skryf.

9. Die voltooide boek bevat dus uitsluitlik net die wil van God vir die mensdom van die aarde; dit moet daarom `n ewige regeerboek bly, en daar mag nooit `n ander wet onder die mense kom, as slegs wat in dié boek geskryf staan nie!

10. Dié boek sal ons ter ere van God met groot plegtigheid in die tempel op die nou leë altaar plaas, en dit moet as die suiwer woord van God, die plek van die vroeëre heiligdom inneem!

11. En ek sal priesters aanstel wat die boek altyd moet bestudeer en die volk dan oral daaruit onderrig!

12. En die boek sal heet “Die heilige skrif (Sanah scritt) en julle heil (Seant ha vesta)”

13. Wie ooit iets van dié boek wegneem of eiemagtig iets daaraan toevoeg, moet dadelik met die dood bestraf word!

14. Ek het egter nog `n tweede boek onder hande, waarin alle dade van God en Sy leiding opgeteken moet word; en daardie boek, waarvoor al duisend blaaie van die metaalbewerker Arbial gereed lê, sal ”Die heilige geskiedenis van God” (Seant hiast elli) heet! Wat sê jy vader, van dié werk van my?”

15. Toe Dronel dit van Kinkar gehoor het, was hy besonder verheug en het gesê:

16. “Waarlik, jy het vir God in één jaar al meer gedoen as ek in vyftig! Daarom sal God jou sekerlik meer seën as wat Hy ooit my vader Ohlad geseën het, want hy, nóg ek, het ons ooit oor die hoogte bekommer nie!

17. Alle lof daarom aan God, die Heer, en jou, my geliefde seun en nou hoogwaardige koning van so `n groot ryk!

18. Alles geskied volgens jou wil, my geliefde seun en koning! Amen.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205