`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 193

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Kinkar se wetboek op die tempelaltaar. Die aanstelling van skrifgeleerde priesters. Kinkar as “Stadhouer van God op aarde”. Hanoch se geestelike verval

(30 Desember 1843)

193 Die lofuitende woorde het Kinkar se ydelheid gestreel en hom bly gemaak, en daarom het hy die wetboek wat deur hom geskryf is, reeds die volgende dag met groot seremonie die tempel laat indra en daar op die altaar geplaas.

2. Toe die boek op die altaar geplaas was, het Kinkar honderd baie verstandige manne benoem, wie by die seremonie van die oordra van die boek aanwesig was, en hulle aangestel as priesters en het hulle die streng verpligting gegee om die boek baie goed te lees en te bestudeer om dan altyd daaruit volgens die orde van die goddelike Wysheid voor die volk te kan praat. 

3. Hy het homself natuurlik tot opperpriester benoem en het as sodanig ook `n byna goddelike hoogagting verlang.

4. “Stadhouer van God op aarde”, “Navorser van die goddelike wil vir die mense van die aarde en navorser van die geheime goddelike Wysheid”, asook “Maghebber van God ” en “Seun van die hemel”, dit was naas nog enkele ander omskrywings sy vasgestelde priesterlike titels.

5. So mag ook niemand homself na hom, die eerste genoem het nie, maar hoogstens die honderdste, want van nommer een tot honderd het hy alle waardes in homself verenig en daarom was dit nie genoeg om hom die allerwaardigste te noem nie, maar mens moes hom as die enigste hoogwaardige (en ook as die enigste hoogs wyse) aansien en oral so begroet en jouself as die alleronwaardigste teenoor hom beskou.

6. Kort en goed, die installeer van die boek in die tempel het Kinkar gek gemaak, en toe hy na verloop van tien jaar eers met die geskiedenis van God klaar was en hy dié boek in `n goue kas ook die tempel in laat dra het, was dit dan ook volledig met hom gedaan!

7. Want die deur hom aangestelde priesters het sy swakte geken en het hom daarom titels gegee waarvan niemand tot nou toe ook maar gedurf droom het nie.

8. En so was die groot naam van hom as opperpriester met klein letters op `n baie lang metaalstrook geskryf, wel elfhonderd el lank.

9. Die strook kon opgerol word en word as strook ewe-eens in die tempel bewaar en hoogs vereer.

10. By groot plegtighede was hierdie strook uitgerol en spiraalvormig om die tempel heen getrek, en die groot naam op die band was dan deur die honderd priesters so uitgespreek dat elke priester elf elle vir sy rekening geneem het.

11. Maar Kinkar het ook nog enkele ietwat korter name geneem, wat ook op soortgelyke repe van blik geskryf was.

12. Hierdie korter name moes één keer per week uitgespreek word. Vir die uitspreek van hierdie name was drie dae nodig, terwyl die oplees van die groot naam tydens groot plegtighede, as dit goed gegaan het, wel `n week geverg het, want die elfhonderd el lank en een el breë strook was van bo tot onder vol klein tekens, soos reeds opgemerk, geskryf.

13. So het alles na verloop van nouliks twintig jaar in Hanoch uitgesien. Dit sal nou nie meer moeilik te begryp wees hoe Hanoch sy verval met rasse skrede tegemoet gegaan het nie.

14. Die vervolg sal dit egter in die helderste lig toon.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205