`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 196

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Openbare skole en teaters in Hanoch. Japell se spioenasie sisteem. Dans, musiek en estetiese voorstellings. Armsorg uit politieke oorwegings. Liefde en politiek as teenoorgestelde pole

(4 Januarie 1844)

196 Daar het weliswaar al sedert Ohlad se tyd openbare skole in Hanoch bestaan wat sy seun Dronel terdeë vervolmaak en Kinkar vinnig vermeerder en tot in ander stede uitgebrei het.

2. Maar Japell het daarbenewens nog enkele honderde gimnasia opgerig waar nog allerlei kunste openbaar geleer was soos byvoorbeeld, dans, musiek, beeldhou, skilder, swem, vlieg deur middel van aërostatiese middele, die ry van perde, esels, kamele en olifante; veg, boogskiet; verder ook die skiet met vuurbukse (tipe primitiewe geweer) wat deur Kinkar uitgevind is.

3. Vir al hierdie genoemde en nog `n aantal ongenoemde kunste en vakke het Japell in alle streke van sy groot ryk onderwysinstellings opgerig en leraars aangestel. Daaruit het baie spoedig allerlei kunstenaars voortgekom, wat die volk vermaak het en in die verskillende teaters voorstellings vir geld gegee het. Hiervan moes hulle altyd een derde aan die staatskas betaal, omdat die koning soortgelyke nuttige instellings waar sulke kunste geleer was, deur die volk laat bou het en daardeur die jeug die geleentheid verskaf het om sulke nuttige dinge te leer. Vir daardie onderrig moes die lerende jeug egter wel weer hulle leraars betaal.

4. Daardeur het Japell al weer groot somme geld verwerf en het in politieke opsig bereik dat die volk deur die onophoudelike stroom nuwe teaterstukke die druk vergeet het en die koning bowendien nog geroem het oor al die goud.

5. Om `n volk so dom moontlik te maak en ongevoelig vir elke druk, is geen middel beter geskik as duisendvoudige spektakels en seremonies nie. Daardeur word die suiwer uitwendige kyklus opgewek, waardeur die mens in `n suiwer dierlike toestand terugval en dan in die wêreld staan soos `n dom koei voor `n nuwe poort.

6. Dit was dus wederom die voordelige vrugte van Japell se uitstekende politiek.

7. Daar was weliswaar in Hanoch, net soos in die ander stede en dorpe, nog baie nugter denkers wat My woord nog nie vergeet het nie; maar hulle het ten eerste dit nie gewaag om te praat nie, omdat Japell die ryk vinnig van spioene voorsien het, en ten tweede het hulle ten slotte self genoeë in allerlei werklik perfek ontwikkelde kunsuitvoerings gekry en kon daarby nie genoeg uitroep hoe die een en ander die menslike verstand tot eer gestrek het nie.

8. Van alle kunste was dans, musiek en in die besonder die sogenaamde estetiese voorstellings, geliefd by die volk.

9. Die estetiese voorstellings het bestaan uit die optrede van die mooiste meisies en ook die mooiste jongelinge in allerlei prikkelende kostuums in die verleidelikste houdings op `n pragtige toneel, en dit natuurlik onder begeleiding van musiek.

10. Die jong kunstenaars en kunstenaresse was na elke voorstelling vir die wellustiges weliswaar vir baie, baie geld te koop, en wel die jongelinge vir die wellustige vrouens en die meisies vir die wellustige manne.

11. Hierdie kunsinstelling het vir die koning geweldige somme geld gebring en het die meeste bygedra aan die domword van die volk.

12. Maar waardeur Japell in die besonder die guns van die volk behou het, was dat hy vir die armes gesorg het, deur middel van tehuise waarin hulle opgeneem was. Mens het daarom nêrens bedelaars gesien nie, maar slegs welstand.

13. Dat die armes in die tehuise nie bepaald uitmuntend versorg was nie en moes werk om daar vir hulleself, waar moontlik, die taamlike skraps kos te verdien, is natuurlik te verklaar uit die feit dat alle inrigtings slegs vrugte was van Japell se politiek. Want liefde en politiek is teenoorgestelde pole, aangesien die liefde tot die boonste hemel behoort, maar politiek tot die onderste hel, as hebsug en heerssug die grondslag daarvan vorm.

14. Wat Japell nog verder gedoen het, sal die vervolg toon!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205