`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 201

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die ondersoek na die geslagte in Hanoch. Noag en die karavaan met afpersers. Die hulp van die Heer en die verkondiging van die oordeel

(11 Januarie 1844)

201 Wederom het die priesters vanuit Hanoch `n hele karavaan op `n ontdekkingsreis gestuur om te kyk of daar nie in die uiters verre streke van die aarde miskien êrens `n volk of skatte gevind kan word nie, wat goed was vir die groot skatkamers van die magtige priesters van Hanoch.

2. En tegelykertyd het hulle ook genealoë uitgestuur wie se werk dit was om in alle stede en plekke te ondersoek wie `n nakomeling van Kain en wie `n nakomeling van Set van die hoogte was.

3. (Want die priesters, die adel, netsoos die koning, was suiwer nakomelinge van Set van die hoogte, wat by die dogters van die laagte verwek was.)

4. Vyf jaar het die ondersoek geduur, en dit het geblyk dat in die laagte, die nakomelinge van Set die nakomelinge van Kain met negetiendes oorvleuel het; daar was nouliks een tiende suiwer Kainiete onder die Setiete gewees.

5. Die gevolg van die ondersoek was dat alle Kainiete opgeroep was en vervolgens sonder onderskeid van hulle stand tot op daardie stadium, tot ewige slawe gemaak was; en al hulle besittings het natuurlik aan die priesters ten deel geval.

6. Die manne wat nog kragtig was, was lasdiere en die jong en mooi vrouens en meisies was hoere in `n groot openbare huis, waar elke man hom van hulle kon bedien teen bepaalde tariewe, wat ten dele vir die onderhoud van die huis, maar deels ook vir die fonds van die priesters bestem was; die oues en die swakkes was uitgeroei, manne sowel as die vrouens.

7. Die resultaat van die ondersoek het dus heelwat opgelewer, maar die opbrengs van die karavaan wat na lande, volkere en skatte uitgestuur was, het nie so gunstig afgeloop nie.

8. Hulle het inderdaad die Sihiniete (Sjinese), die Meduhediete, en ook in Afrika die reeds talryke nakomelinge van die uitgeweke raadshere gevind, maar hulle was oral baie sleg behandel, want hulle moes oftewel bly waarvandaan hulle gekom het en hulle vir die laagste arbeid laat gebruik, of die dood was hulle lot.

9. `n Klein karavaan van honderd man het op hulle terugreis op die hoogte ongelukkigerwys die huis van Noag ontdek en hulle het dadelik `n groot skatting van hom gevorder, want hulle het gesê:

10. “Nouliks `n dagreis ver van God se heilige stad woon jy, is kennelik haar onderdaan en het nog nooit `n stuiwer belasting betaal nie! Betaal daarom nou vir minstens honderd jaar, en wel vir elke jaar een pond goud, in totaal honderd pond! As jy dit nie betaal nie, sal jy tesame met jou huis verkoop en tot slaaf gemaak word!”

11. Maar Noag het sy hand opgehef en gepraat: “O my God, my liewe, heilige Vader! Sien, nou het U kneg U hulp nodig; red my uit die hande van hierdie verskeurende diere!”

12. Nog maar nouliks het Noag hierdie woorde uitgespreek of daar slaan `n magtige bliksemflits in die middel van die karavaan, wat soos gesê op haar terugtog uit die toe woeste streke van die huidige Europa eers die huis van Noag gevind het; die bliksem het drie manne van die karavaan gedood.

13. Toe het Noag aan die enigsins verskrikte karavaan gevra: “Bly julle nog by julle mees onregverdige vordering?”

14. En die karavaan het dit met `n afskuwelike geskreeu beaam.

15. Noag het egter weer sy hand opgehef, en tien bliksems het in die karavaan geslaan en dertig man en eweveel kamele gedood.

16. En weer het Noag aan die nog oorlewendes gevra: “Bly julle nog by julle vordering?”

17. En op tien man na het almal hulle eis bevestig.

18. En Noag het boos met sy voet op die aarde gestamp, en die aarde het haarself geopen, en op die tien man na wat hulle eis nie meer herhaal het nie, almal wat daar dood en lewend was, verslind.

19. Groot was die ontsetting van die nog oorgeblewe tiental daarop, en hulle het Noag versoek om goedertierenheid en barmhartigheid!

20. Maar Noag het gesê: “Gaan en verkondig aan alle duiwels in die laagte waarvan julle hier getuie was en sê aan hulle: Die maat van die gruwels is vol! Die Heer het besluit om die oordeel oor hulle hele wêreld te stuur! Nog `n kort tydjie en diegene wat julle na my toe gestuur het en hulle hele ryk en volk sal nie meer bestaan nie; met die oordeel van God sal ek vir hulle die belasting betaal! Amen.”

21. Hierop het die tiental weggevlug!

22. Wat verder gebeur het, in die vervolg!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205