`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 203

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die onderhandeling tussen die priesters en die tien verkenners en hulle verheffing tot die priesterkaste

(15 Januarie 1844)

203 Maar die priesters het gesê: “As die sake in alle erns so lyk, dan het julle in die besonder, met die ontdekking van die berge met goud `n oneindige belangrike vonds gemaak, vooropgestel dat die weg daarheen nie te ver is nie en nie met te groot probleme verbind is nie. As die reuse maar net nie die berge beheer nie?!

2. Maar wat die ou man op die hoogte aanbetref, hom laat ons maar, as ons nie in staat is om hom op `n slim manier te gryp nie, want dit is nie maklik om met sulke towenaars om te gaan nie en met geweld kan jy niks teen hulle uitrig nie!

3. Ons sweer egter dat julle priesters sal word as julle in staat sal wees om hierdie towenaar deur listigheid vir julle te win! Want hy sou ons deur middel van sy towermag, baie maklik met die berge van goud kan help, as hy tenminste ook daar teen die reuse met die krag van die elemente sou kon veg, soos wat hy teen julle metgeselle gestry het, en natuurlik ook vooropgestel dat dit alles waar is wat julle oor die towenaar vertel het!

4. Want julle is sluwe jakkalse! Dit kan ook net so wees dat julle makkers, van wie julle vertel het dat hulle deur die towenaar vernietig is, met die groot skatte daarvandaan gegaan het en êrens op die aarde in `n ryk wat van ons onafhanklike is, gevestig het! Maar wee julle as ons dit sal agterkom!”

5. Maar die verkenners het geantwoord: “As die waarheid van ons verklaring afhang van die werklike bestaan van hierdie halfgod en wat hy met ons metgeselle gedoen het, stuur dan nou onmiddellik betroubaarder bodes na hom toe, of gaan self daarheen, en julle kan ons dan met gloeiende roede laat tugtig, as dit nie waar is wat ons julle treurig en verskriklik genoeg vertel het nie!

6. En as dit waar blyk en julle dit self sien, dan kan julle ook ons ander verklarings daaraan toets! Ons wil egter geen ja of nee meer daaraan toevoeg nie; ondersoek dit en oordeel dan!”

7. Toe die priesters sulke woorde van die bodes gehoor het, het hulle aan hulle gesê: “Ons het uit julle woorde afgelei dat julle die waarheid gepraat het van die begin tot die einde; daarom benoem ons julle dan ook kragtens ons vol- en almag tot werklike gesante en verhef julle uit die klein burgerstand tot die middelklasse, sodat julle wapens mag dra! En in ruil daarvoor moet julle die towenaar tot `n bruikbare vriend van ons maak!”

8. En die bodes het gesê: “Ons sal doen wat moontlik is, maar ons staan nie in vir die welslae nie! Want soos hierdie man ons metgeselle vernietig het met bliksems en met die oopgerukte aarde, kan hy dit netso goed ook met ons en met julle almal doen as hy ook maar enigsins lug daarvan kry!

9. Wat, as hy met sy voet in die rigting van Hanoch sou stamp en die aarde onder ons sou oopsplyt en ons saam met die hele stad in `n oneindige afgrond verslind sou word?! Wat dan?

10. Daarom is ons van mening dat dit beslis meer raadsaam sou wees om dié hoogs gevaarlike heerskap heeltemal met rus te laat, as om hom weer op te soek, aangesien ons nie kan weet of hy ons planne kan deursien en hoe hy hom dan teenoor ons sal gedra nie!

11. Maar, as julle by julle eis wil bly, dan moet ons daarvolgens handel; maar vir die resultaat kan ons onmoontlik instaan!”

12. En die priesters het gepraat: “Goed, ons het julle begryp; julle oordeel is goed! Ons sal daarom oor drie dae `n groot raadskollege byeenroep, en volgens dit wat alles daar uitkom, sal ook gehandel word; julle moet egter in die raad aanwesig wees en daarom priesterkleding dra en in ons kaste ingelyf word.

13. Maar gaan nou na julle huis, kry sake daar in orde en kom vervolgens saam met julle vrouens en kinders hier na die raad!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205