`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 204

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die geheime oorleg van die tien gesante en hulle besluit om goeie doelstellings met sluwe middele te bereik

(16 Januarie 1844)

204 Toe die tiental die kollege van die priesters verlaat, het hulle hulleself grootliks verwonder en gesê:

2. “Nou sien ons baie duidelik waar die skoen by ons priesters druk! Hulle hemel, wat hulle skreeuend vir die hele volk voorhou, is die goud; en om dit te verkry, gaan hulle oor tot mees uitsonderlike middele!

3. Wie het dit ooit gesien! Solank as wat die priesters die hele heerskappy en mag na hulle toe getrek het, was niemand nog ooit uit die kleinburgerlike klasse na die hoogste klas van die priesters verhef nie!

4. Ons het nou daardie enorme geluk ten deel geval! Waarom? Omdat ons so goed kon lieg op die een ware gebeurtenis op die hoogte na!

5. Maar ons het al lankal in die oog waartoe dit met ons aanstaande priesterskap moet! Maar wag maar, julle goud omhangde jakkalse, julle plan met ons, dat ons as medebelanghebbendes vir julle die weg na die goue berge sal baan, sal vir julle behoorlik warm gemaak word! Julle sal ongetwyfeld reeds by die eerste stap julle duiwelse voete terugtrek! Maar dit sal te laat wees, want ons sal `n see van vlamme oor julle heen stort, en dan moet julle maar sien hoe julle daar sal uitkom!

6. Ons sal weliswaar voor groot brandstapels en voor onafsienbare afgronde, wat hulle onder die grond gemaak het en dit opgevul het met slange en allerlei giftige ongedierte die mees afskuwelike ede van trou moet aflê voor ons in priesterlike kleding geklee sal word, maar dit het aan ons saak geen afbreuk gemaak nie! Ons sal wel met die mond sweer, maar tegelykertyd in ons bors vervloek, en so sal die priesters `n woekerende swelsel in hulle liggaam geplant het met ons, wat geen god sal kan genees nie!7. Ons sal wel `n weg baan na die goue berge van ons sluheid en dit sal alle priesters moet bewandel, maar op die agtergrond sal ons die reuse van ons gramskap en ons woede op hulle laat loer! En wanneer die fyn skare hierdie gloeiende agtergrond nader, dan `n teken - begryp! -, en die reuse sal met `n onoorwinlike mag na vore kom en daardie hele gebroedsel onder hulle voete vermorsel!

8. En eers dan sal ons die volk die weg na die sterre wys en hulle in hulleself na `n land lei waar hulle die heerlikste maagde van suiwer insigte sal vind, en na `n land waar wyn, heuning en melk in ware geesdrif vir die egte ware en goeie sal vloei!

9. En die gebraaide appels sal hulle dan ook vind aan die boom van die lewe en die ware, suiwer bewussyn daarvan!

10. Daarby moet dit bly; maar vervloek is elke verraaier uit ons midde! Want nou is dit aan ons geleë, en ons kan volgens ons plan onsself en die hele volk van `n sekere ondergang red; laat ons daarom almal soos één man wees met mekaar, dan moet die werk slaag!

11. As ons die priesters tot dusver kon uitoorlê, sodat hulle ons selfs tot priesters gemaak het, dan sal dit met so `n vryer speelruimte beslis soveel makliker wees om die gebroedsel so te verpletter, dat daar ten slotte niks meer van hulle sal oorbly nie, as hoogstens `n naam in die geskiedenis!

12. Dit het ons besluit en dit sal ook nougeset en getrou deur ons uitgevoer word! Amen, onder ons amen!”

13. Eers na hierdie sameswering het die tien na hulle huise gegaan en daar alles in orde gebring en het hulle toe met vrou en kinders na die kollege van die priesters begewe vir die op hande synde groot raadsvergadering.

14. En wat daar gebeur het, sal in die vervolg duidelik word.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205