`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 206

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die oorleg met die op goud beluste priesters. Sluheid teen lis

(18 Januarie 1844)

206 In die middel van die saal was `n ses el hoë podium. Daarop moes die tien bodes met tien opperpriesters gaan staan. Rondom die podium, dig opmekaar, het die ander priesters gestaan; vooraan natuurlik die opperpriesters en verder weg die onderpriesters.

2. Een van die opperpriesters op die podium het voor die tiental gaan staan en gesê: “Julle weet dit en ons weet almal wat julle aan ons gesê het! Julle is nou self priesters en dit is nou in julle belang, sowel as in ons s`n, dat ons die goue berge bemagtig en ons `n veilige weg daarheen baan, wat dit ookal sal kos!

3. Slegs aan julle is die weg daarheen bekend; dit is nou aan julle, om in ons gemeenskaplike belang, hierdie buitengewone belangrike saak vir ons goudkamers te verwesentlik!

4. As julle die berugte towenaar op die hoogte met geld en goeie woorde vir dié doel kan win, dan sal dit goed wees; maar kan julle nie, dan het ons tog immers meer as twee miljoen stryders en desnoods meer as vier miljoen slawe wat ons tot soldate kan maak, wanneer ons maar wil. En soos wat baie miere selfs `n leeu kan oormeester, sal ons ook met ons oormag aan vegters die reuse oormeester wie miskien die goue berge bewaak het! 

5. Dit is nou ons mening; maar laat ons nou ook julle mening verneem!”

6. En een van die tiental het na vore getree en namens sy nege ander broers gepraat:

7. “Julle plan, julle bedoeling en julle raad, dierbare kollegas, is nou geloofwaardig en ons kan dit slegs loof, aangesien ons nou natuurlik saam met julle mede-belanghebbendes is; maar of dit so maklik uitgevoer sal word as wat julle dink, dit betwyfel ons!

8. Bowendien het ons tien gister so daaroor gedink: Gestel dat ons sou slaag om die duisend magtige groot goue berge te verower, wat bokant die groot see in `n totaal vreemde wêreld lê, toe vra ons onsself af welke voordeel dit vir ons sal oplewer! Sal dié edele kosbare metaal nie uiteindelik deur die groot hoeveelheid goud, juis net soveel werd word as die straatvuil nie?!

9. `n Mens sal sê: “Dit sal ons trag om te verhinder en ons sal ook goed daartoe in staat wees om te verhinder, dat buiten ons, niemand die weg na die goue berge sal vind nie!” 

10. ‘Maar hoe?”, het ons onsself afgevra. Sal ons, priesters, self met kamele daarheen trek om daar gunter met skerp pikke en hake die goud van die steil wande af te haal en dit gedurende `n reis van drie jaar lank hierheen te sleep?

11. Onderneem ons dit alleen, dan vra ons onsself af wat vir `n gesig ons dan sal opsit as ons per toeval die reuse sou ontmoet wat ons nie net al die goud dadelik sou laat afpak nie, maar ons ook onmiddellik soos muggies tussen hulle vingers sou vermorsel?!

12. Maar neem ons uit noodsaak `n groot mag saam, bestaande uit een miljoen stryders, sou hulle ons dan nie dadelik doodslaan as hulle die goue berge sien en hulleself as besitters van die kostelike berge opwerp nie?!

13. Ons kan doen wat ons wil, ons kom van die reën in die drup! Ons sal, deur dit te onderneem, ons skatkamers tot `n minimum laat krimp, sonder dat dit iets sal oplewer; en as ons sukses sal hê, dan sal, soos reeds opgemerk, die waarde van al ons skatte daal na die van die straatvuil.

14. Ons is daarom van mening dat mens hierdie onderneming heeltemal moet opgee en in die plek daarvan een wat gunstiger is begin! Maar dit is ook net ons raad; julle kan nog doen wat julle wil en ons is julle dienaars en sal julle altyd in alles trou gehoorsaam!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205