`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 207

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die weerstand van die verkenners teen die plan van die priesters om die goue berge te verower

(19 Januarie 1844)

207 Die opperpriesters het egter gesê: “Ons lei baie goed uit julle woorde af dat julle dit met ons algemene belang goed bedoel en ook werklik baie goeie kennis het van sake en van die wêreld; maar aan die begin van julle woorde was dit al duidelik merkbaar dat julle die bereik van die goue berge uit ons koppe wil praat. Egter meer uit vrees om die swaar reis nog `n tweede maal te moet maak, as uit angs vir die reuse.

2. Want sien, as die reuse, wie julle tog seker gesien het, egter sulke verskriklike wesens was, dan het nie één van julle beslis teruggekom nie, soos ook nog niemand van die gelyktydig met julle uitgestuurde karavane teruggekeer het nie, omdat hulle vermoedelik iets erg oorgekom het.

3. Maar julle sou, ondanks die vreeslike reuse, almal weer behoue hierheen teruggekom het as julle julleself `n bietjie verstandiger by die towenaar op die hoogte gedra het! 

4. Sien, dit is ons mening! Verdedig julle daarteen as julle kan!”

5. En een van die tien het gesê: “Hoogmagtige hooggeplaaste kollegas van ons kleinheid ten opsigte van julle! Julle sal ons hierdie keer al by voorbaat moet vergewe as ons op julle antwoord `n teenwerping moet maak en julle ronduit in baie kort bewoording aantoon dat julle ons sleg begryp het en in die verste verte nie begryp het wat ons aan julle gesê het nie!

6. Het ons dan konkreet daaroor gepraat dat ons by hierdie onderneming in die hande van die reuse geraak het?! Ons het dit immers slegs die klein kans daarop genoem, omdat hierdie verskriklike reusagtiges direk agter die goue berge woon! Ons het hulle vanuit verborge skuilhoeke gesien waar hulle ons nie kon sien nie, vervolgens het ons in die nag ons kamele met goud gelaai en het toe heimlik vertrek.

7. So het ons wel eenmaal geslaag om heelhuids daarvan af te kom, en wel omdat ons goudroof hoogs waarskynlik die eerste was wat by hierdie onskatbare berge begaan is! As hierdie eerste roof egter by die berge nou vas en seker deur die waaksame reusagtiges ontdek is, vra ons onsself af of `n tweede poging ook so gelukkig sal afloop!

8. Kan ons eintlik wel weet of hierdie reusagtiges tog nie al op ons spoor is en ons selfs agterna kom nie?! Of miskien het hulle daarom reeds so `n bolwerk om die enorme goue berge gemaak, dat elke adelaar duiselig sou word as hy daaroorheen sou vlieg?!

9. Of hulle het die smal landtong waarmee hierdie wêreld met die van hulle verbind is, geheel en al deurgebreek en daardeur beide wêrelde deur so `n magtige water geskei dat ons dit verseker nie sal kan deurwaad nie!

10. Sien, dit het ons bedoel met die gevaarlike stryd met die reuse!

11. Maar vra julleself af of julle ons so begryp het! Ons beveg nie die moontlikheid dat ons weer by die berge, of altans in die omgewing daarvan, kan kom nie; maar julle moet tog immers ook insien dat hierdie onderneming ongetwyfeld met uitsonderlike hoë koste verbind sal wees, vir `n hoogs onsekere gewin, en daarby duisend gevare!

12. Moet ons daarom vir niks en nog eens niks ons twee miljoen stryders opoffer en ons daardeur van alle mag ontdoen? Dit sou tog sekerlik dwaas wees!

13. Wanneer julle egter iets wil doen, neem dan die waardelose slawe en stuur hulle onder ons aanvoering daarnatoe! Gaan hulle ten gronde, dan het ons niks verloor nie; en as hulle sukses het, dan het ons veelvoudig gewen! Dink net daaroor na!” 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205