`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 210

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die probleme van die priesters om die slawe los te koop. Die plan van die tien slim gesante slaag

(23 Januarie 1844)

210 Die opperpriesters was nou weliswaar heeltemal vir die vrylating en bewapening van die slawe, ter verowering van die goue berge, maar hier het `n ander fatale omstandigheid na vore gekom, naamlik dat hierdie treurige kaste hulle as lasdiere in die hande van die grotes bevind het en hulle volledige eiendom was en slegs deur hulle formeel terug te koop, weer in die hande van die priesterdom kon beland. Want om die slawe weer deur `n magswoord terug te vorder, sou tog `n al te gewaagde saak wees, aangesien die grotes te magtig was en die priesters nie veel hoër geag het as hulleself nie en hulle slegs geduld en ondersteun het om suiwer politieke redes. 

2. Omdat die priesters dit heimlik maar al te goed geweet het, het hulle nou andermaal in die knyp gesit en het nie goed geweet wat om wel te doen en wat nie. Want om sulke streng vertroulike politieke geheime aan die tien te onthul, het hulle tog nie raadsaam gevind nie; en om hulle daarom maar dadelik tot opperpriesters te maak en dan as sodanig in alles in te wy was ook `n saak wat byna nog moeiliker uitvoerbaar was.

3. Hulle het alles bedink en het nie geweet wat hulle moes doen nie.

4. “Geweld is nie raadsaam nie!”, het hulle gesê, “Want ons weet hoe ons daarvoor staan! Terugkoop? Wat `n afskuwelike gedagte! Vier miljoen slawe! Reken ons slegs twee pond goud per slaaf, dan word dit agt miljoen pond! En dan nog die uitrusting, dit word dan `n onhebbelike som!

5. Die tiental dan hieroor andermaal om raad vra? Dan sou ons onsself wel baie ontbloot vir hulle! Hulle daarom tot opperpriesters maak? Daarvoor is hulle veels te eerlik en te vervlaks slim! As hulle daardeur in ons brose politieke stelsel ingewy sou word, dan sou hulle `n luis in ons pels wees, waarvan ons nooit meer ontslae sou raak nie!

6. Waarlik, hier is goeie raad duur! Ons woord kan ons nie meer terugtrek nie; die slawe moet bevry en bewapen word! Maar hoe? Dit is `n ander vraag, waarop selfs geen Satan `n praktiese antwoord sal vind nie!”

7. Nou het een van die tien verkenners `n buitengewone skerp gehoor gehad en het baie van wat die opperpriesters onder mekaar gefluister het, gehoor, en het daarom sag aan die ander gesê:

8. “Luister, ons het hulle al in ons hande! Die saak verloop presies soos ons dit eintlik wou gehad het; nou nog maar net volhard en die oorwinning is in ons hande!

9. Die ou op die hoogte het gesê dat ons alles aan die duiwels in die laagte moes vertel! Dit het ons gedoen, en kyk, hulle is al almal in die war! Ek het baie goed geweet hoe die saak met die slawe staan; daarom het ek hulle geëis! Sonder terugkoop sal dit geensins werk nie; hulle woord kan hulle nou onmoontlik nie meer terugtrek nie! 

10. Dit sal hulle goudkamers danig ligter maak en sal hulle verskriklik verswak; want hulle sal dan nie meer in staat wees om `n mag van twee miljoen stryders aan te hou nie! Maar ons sal `n verbitterde, vreeswekkende mag in ons hande hê en sal hulle dors na die goue berge vir ewig les!

11. Hulle sal beslis nog een keer om raad kom vra; en dat ons vir hulle die allerbeste sal gee, daarvan kan hulle heeltemal verseker wees!

12. O wag maar, julle in goud geklede diere, ons sal julle nog `n liedjie leer sing wat geen duiwel julle sal kan nasing nie!

13. Maar stil nou; hulle kom al na ons toe!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205