`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 213

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Vrae van die opperpriesters aan die tien verkenners. Die verdrag met die slawebesitters

(27 Januarie 1844)

213 Toe die tiental na die podium gekom het, was hulle dadelik deur die opperpriesters omring en met die volgende vraag aangespreek:

2. “Ons sien nou volkome in dat julle `n helder uitkyk het, want wat julle ons gister voorgesê het, is presies wat die grotes so onbarmhartig gespreek het!

3. Ons wil, omdat ons nie anders kan nie, ook op hierdie voorwaardes ingaan, hoewel dit ons ongeveer tweederde van ons goud gaan kos; maar juis daarom vra ons nou aan julle op hoeveel pond julle so `n goue berg skat en hoeveel pond julle na verloop van vier tot vyf jaar hierheen kan bring as alles voorspoedig verloop! Ons eis `n gewetensvolle antwoord.

4. Vanweë julle skerpsinnigheid geniet julle nou ons volle vertroue, en dit wil enorm veel sê; misbruik dit nie en gee ons heeltemal volgens waarheid die verlangde antwoord!”

5. Toe die tien hierdie vraag van die opperpriesters verneem het, het hulle juigend by hulleself gedink: “Eers nou is julle volkome in ons hande! `n Antwoord sal julle verseker kry, een wat presies so by julle dom vraag pas as wat `n groot tulband op `n klein hoof pas; maar wat agter daardie antwoord skuil, sal vir julle dood en verderf bring! Maar dit moet vir julle domheid verborge bly, totdat dit metterdaad voor julle satansgesigte onthul word!”

6. Na hierdie oordenking het die woordvoerder eers na vore getree en gesê: “Maar, julle hoogmagtige dienaars van alle gode! Wat is dit tog weer vir `n weinig deurdinkte vraag! Julle is tog opperpriesters - hoe kan julle dan vra hoeveel pond `n enorme groot goue berg wel sal weeg?! Probeer die kleinste berg gedeeltelik te weeg en ons is daarvan oortuig dat julle julle geduld sal verloor voordat julle met die afweeg van sy vele duisend miljoen pond klaar is! En wat is so `n klein heuwel ten opsigte van so `n kolossale gebergte soos wat daar in ons omgewing nêrens te vinde is nie?!

7. Vra julleself af of dit moontlik is om die gewig daarvan vas te stel! Bowendien het ons julle tog reeds in die begin gesê dat as ons hierdie berge verower, die goud wel onder die waarde van die straatvuil sal moet sink! Dit moet tog wel genoeg gesê wees?! Want die wêreld daar anderkant skyn net so uit suiwer goud te bestaan as die wat ons bewoon uit suiwer slyk bestaan! Op grond van ons trou meen ons dat daar nie meer hieroor gesê hoef te word nie!

8. Maar hoeveel pond elkeen wat met ons saamgaan kan dra, sonder om daarby pyn te ly, dit sal julle hopelik tog net so goed weet as ons! Gemiddeld dertig pond per persoon sal tog nie oordrewe wees nie?! Maar kry ons nog kamele daarby, dan kan die gewig drievoudig wees! Wil julle dan nog meer hê?”

9. En die opperpriesters het gesê: “O nee, nee, want ons is immers die liewe beskeidenheid self! As die transport net dit oplewer en die goue berge ons eiendom word, dan het ons met een slag immers meer as genoeg! Daarna sorg ons dan vir `n jaarlikse transport, waarmee ons elke jaar minstens eweveel hoop om te win; so sal die saak wel slaag, veral as ons ons beskeidenheid saamtel! Met hierdie hoopvolle vooruitsigte sal ons dan nou met die tog wel ietwat suur loskoop van die slawe begin!”

10. En stilletjies het die tiental nou nog meer gejuig.

11. Die opperpriesters het hulle egter tot die grotes gerig en gesê: “Ons het dit goed oordink en aan julle eis gehoor gegee; maak daarom die saak oral bekend! Vanaf môre af begin die loskoop en dit gedurende dertig dae! Wie tot daardie tyd sy slawe sal bring, kry ook die ooreengekome losgeld; na die tyd word elkeen met die tienvoudige gestraf, naas die verlies van sy slawe. Dit geskied!”

12. En daarmee was die vergadering beëindig en almal het die raadsaal verlaat.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205