`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 214

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die inlewer en die onderhoudskoste van die slawe

(29 Januarie 1844)

214 Al die volgende môre was `n stroom slawe van albei geslagte byeengebring; hulle was wel meer as driehonderd duisend.

2. Daar het `n groot wanorde geheers, en die opperpriesters het nie geweet by wie hulle eerste moes begin met die afkoop van die slawe nie.

3. Toe het die tien gesê: “Laat elke grote na jou toe kom en sê: “Bring die lys waarop aangeteken staan hoeveel slawe jy gebring het en gee jou slawe `n teken op hulle voorhoof; dan sal jy volgens die lys uitbetaal word! Stem die aantal op die lys later ooreen met die aantal by die opname, dan kan jy rustig met die geld na jou huis toe gaan; maar as dit nie die geval is nie, verloor jy nie net die hele aantal slawe nie, maar moet jy ook nogeens dieselfde bedrag as boete betaal!”

4. Sien, dit is baie eenvoudig en dit sal uitstekend werk; gaan en verorden dit dadelik, anders sal ons `n jaar met die afkoop besig wees!”

5. Die opperpriesters het egter gesê: “Dit is alles korrek! Julle raad is goed, maar waar moet ons so vinnig heen met soveel slawe? Waar moet ons hulle onderdak bring, waarmee hulle voed en van die mees noodsaaklike klere voorsien?”

6. Maar die tiental het gesê: “Waarvoor is die enorme paleise eintlik, waarvan ons daar binne die stadsmuur duisend het en waarvan elk maklik tienduisend mense kan herberg? Hulle staan leeg en dien slegs ter vergroting van ons aansien! Daarin met die slawe! Werklik, al was daar driemaal meer, dan kon ons hulle met gemak ondergebring het!

7. Waar hulle voedsel vandaan haal? Het julle nie in al die paleise voorraadkamers wat oorvol is met graan en vrugte nie?! Hoe sou dit wees wanneer julle dit eens `n bietjie sou belug?! Want daar is immers soveel dat die hele Hanoch twintig jaar lank daarvan sou kan lewe!

8. Waarmee die baie slawe klee? Hoe sou dit ook in die geval weer wees as julle die enorme magasyne vol militêre kleding `n bietjie sou belug vir `n doel, waardeur, na verloop van enkele jare ,dieselfde magasyne met goud volgestop kan word, soos wat hulle nou volgestop is met soldatekleding?!”

9. Die opperpriesters het dit ingesien, maar hulle het bereken dat die bedrag per man nog hoër sou uitkom.

10. Maar die tien het gepraat: “Wie maar weinig insit, kan nooit op `n groot wins reken nie! En ons dink dat waar dit om die wins van `n hele goue wêreld gaan, mens vooraf geen koste moet ontsien nie!”

11. Die woorde “goue wêreld” het die opperpriesters betower; hulle het toe alles ingewillig. Hulle het hulle tot die grotes gerig vir die lyste en die merktekens op die voorhoof van die slawe.

12. Daarop het die grotes hulle lyste nougeset opgemaak en het die slawe op hulle voorhoof gemerk en wel elke slawehouer op sy eie wyse; en die loskoop het toe goed op dreef gekom.

13. Die gekoopte slawe was dan dadelik in een of ander paleis ondergebring, geklee en gevoed, en nou kon hulle weer praat met wie hulle wou. Maar baie moes eers weer leer praat.

14. En binne `n maand was die hele werk sonder verdere besware afgeloop.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205