`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 218

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die groot leërkamp ten noorde van Hanoch. Die nuwe bewoonde mooi bergdal. Die onthulling van die eintlike plan van die tien. Die verordening om die bergdal te bebou en te versterk

(5 Februarie 1844)

218 Toe die groot leër hom twee dagreise ten noorde van Hanoch bevind het, laat die tien halt en `n kamp opslaan.

2. So `n vyfhonderdduisend tente was opgesit in `n mooi, ryklik met baie vrugtebome begroeide bergdal, wat nog heeltemal onbewoond was, omdat dit aan alle kante deur ontoeganklike hoë berge omsluit was en slegs één moontlike toegang gehad het, wat egter ook baie moeilik was om te passeer. Dit het gebeur omdat dit uit `n nou, taamlike steil stygende kloof bestaan het, waarvan struikgewasse en die hier en daar baie los gesteentes, eers weggeruim moes word, voordat dit moontlik was om verder te reis.

3. Die tiental het geweet van die bestaan van die dal, omdat hulle dit al met hulle eerste reis ontdek het, en toe reeds `n geheime plan opgevat het om by `n sekere geleentheid aanspraak op die heerlike dal te maak.

4. Die geleentheid het hom nou voorgedoen en so word dié dal, wat met nog ander goed bewoonbare bergvlaktes, meer as sewentig vierkante myl (1 vierkante myl is 55 vierkante km) groot was, heeltemal in beslag geneem.

5. Toe die hele volk nou in die tente ingedeel en ondergebring was, het die tien alle voormanne na hulle geroep en gesê:

6. “Luister na ons! Ons sal julle nou die ware plan onthul wat die rede van ons onderneming is!

7. Julle moes op die mees onmenslike wyse die allerskandelikste, op goud beluste regering van die priesters in Hanoch as slawe en lasdiere van die grotes van die groot ryk verdra het; julle was en is met julle baie littekens nog getuies van die groot, goddelose wreedheid van die geïmmigreerde bergbewoners teen ons, arme nakomelinge van Kain.

8. Nou het die dag van afrekening gekom! Deur ons skranderheid het ons julle almal in die hele, groot ryk vrygemaak en weet om die ware duiwels van opperpriesters so te verblind dat hulle in hierdie strik geloop het.

9. Die dag van die vreeslikste wraak het gekom! Vertrou in alles op die ou God en vervolgens op ons, wat Sy werktuie is, en dan sal ons weer heersers oor Hanoch word, en diegene wat julle as lasdiere gekoop het, sal spoedig genoodsaak word om julle in dieselfde hoedanigheid te dien!

10. Ons sal nou nie na Hanoch trek en daar `n bloedige, onsekere stryd met die groot, magtige stad begin nie, maar hier op hierdie plek sal ons hulle ten gronde rig en hulle lyke as voer voor die baie wilde diere werp! En eers wanneer ons hulle `n onvoorstelbare groot nederlaag toegebring het, sal ons onder die verskriklikste name ons intog in Hanoch hou en daar alles onderwerp wat nie aan ons stam behoort nie!

11. Maar nou moet ons hier huise bou en boorde aanlê, met sorg alle vrugte versamel, eetbare wortels soek en dit in die tuine vermeerder! Verder moet ons die gebergte in die wye omtrek sorgvuldig ondersoek om te sien of daar êrens nog `n toegang moontlik is! Mag dit ook maar enigsins die geval wees, dan moet die toegang dadelik sodanig versper word dat dit selfs nie vir `n kat moontlik sal wees om daaroor te klim nie!

12. Wanneer dit alles gedoen is, sal ons julle verdere opdragte gee! Kom nou dadelik met alles aan die gang, maar rig julle grootste aandag op die hoofingang! Dit geskied!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205