`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 222

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die nuwe vergadering van die hoë raad van opper- en onderpriesters. Die plan van die geslepe onderpriester vir wraakneming teen die hooglanders

(10 Februarie 1844)

222 Toe die hoë raad van opperpriesters en alle onderpriesters op die derde dag byeengekom het in die groot oop raadsaal, bestyg verskillende opperpriesters dadelik die podium en een van hulle het gesê:

2. Luister na my, dienaars van die gode tesame met my! Wat `n allerskandelikste vergryp - die aarde ken geen woorde om dit ook maar enigsins te beskryf wat die tien lewensgroot spitsboewe teen ons begaan het nie, en dit weet julle maar al te goed, sodat dit hier nie nodig is om hierdie misdaad van alle misdade nog eens spesiaal op te haal nie!

3. Aangesien ons op die hoogte almal presiese kennis daarvan dra, gaan dit nou maar net daarom, om `n middel te bedink waardeur die tien diere saam met hulle hele aanhang op die mees verskriklike, pynlike, huiweringwekkende, ongeëwenaarde, buitengewone en duiwelse manier gestraf kan word, ongeag wat dit kos, want laat ons dit ongestraf, dan sal ander spitsboewe spoedig nog in ons ryk aanleiding vind tot soortgelyke ondernemings!

4. Daarom moet al ons sorg en dinkkrag nou daarop gerig wees om die skurke in die hoogland sodanig te straf, dat die hele aardbol daarna sal huiwer en alle berge sal moet ween, omdat hulle vir hulle so `n veilige toevlugsoord verskaf het! Dit gaan hier dus om `n buitengewone en onfeilbare middel om wraak te neem! Wie van ons in staat sal wees om met so `n middel na vore te kom, sal die kroon van die magtigste alleenheerskappy oor die hele wêreld ten deel val! Ek het gepraat, en laat diegene nou praat wat `n soortgelyke middel ken!”

5. Hierop het `n baie geslepe onderpriester onmiddellik na vore gekom en toestemming gevra het om te mag praat. Dit was hom dadelik toegestaan en hy klim toe, skynbaar vol eerbied, op die podium en begin as volg te praat:

6. “Luister na my, hoë en almagtige dienaars van die aarde en van alle gode en alle sterre van die hemel en enigste bestuurders van die son en die maan!

7. Ek, die allerminste en mees onwaardige, `n allervuilste en stinkende kneg in vergelyking met julle, allerhoogstes, het in die afskuwelike stinkende vuil van my harsings tog drie uiters troebel korrels gevind wat van goud blyk te wees volgens my mening, wat vergelyk met julle stralende sonne! (Hier het die beskeie spreker baie byval gevind.)

8. My in elke opsig duisendvoudige nietigheid ten aansien van julle, allerhoogstes, glo weliswaar slegs in haar allerhoogste domheid teenoor julle allerhoogste wysheid die volgende: As hierdie drie korrels uitgewerp word oor die tien, van wie ek die naam selfs met my afskuwelike tong nie sal waag om uit te spreek nie, dan sou hulle hoogland wel net ietwat te laag vir hulle wees en sal hulle geen beskerming meer kan bied aan julle bo alles verhewe regverdige geregtigheid nie! (Lang aanhoudende onstuimige applous.)

9. Ons is goed op hoogte van die beginsels van die aërostatika! Kan ons dit nie so toepas dat ons daarmee selfs die mees onbeklimbare bergtrappe kan beset nie?! Dit sou geweldig wees!

10. Verder is ons die verfyndste mynbouers! Kan ons nie op die mees geskikste plekke die berge ondermyn en deur sulke myngange dan hierdie diere van die hoogland heeltemal onverwags gedurende die nag oorval en hulle almal pynlik ombring nie?!

11. En ten slotte is ons tog die grootste politici! Laat ons die diere langs die weg van gehuigelde, mees intieme vriendskap na buite lok; en het hulle eenmaal in ons strik geloop, dan sal geen duiwel hulle meer aan ons gesag ontruk en hulle bevry van ons moedswillige wraak nie!

12. Hoogalmagtiges, dit is die drie korrels wat ek in my duisendvoudige nietigheid vir julle in die stinkende vuil van my afskuwelike harsings gevind het! Welke saligheid sou dit vir my, smerigste dier, vergeleke met julle helderheid van duisend sonne wees, as julle slegs één daarvan enigsins sou kan gebruik!”

13. (Enorme storm van applous. En een opperpriester het `n stuk van sy opperkleed gesny en dit vasgemaak aan die mantel van die spreker, wat werklik die allergrootste onderskeiding was.)

14. En die opperpriester het gesê: “Al drie die middele is voortreflik; die laaste sal ons die eerste probeer! Misluk dit, wat hoogs onwaarskynlik blyk te wees, dan bly daar vir ons nog twee, weliswaar taamlik kosbaar, oor!”

15. Hierop word ook aan die nuwe opperpriester gevra hoe die voorstel hom geval.

16. En hy het gepraat: “Ek sê nou niks anders meer nie as: Doen wat julle wil; ek wens julle buitengewone veels geluk en ook buitengewone mooi weer, al die ander sal vanself kom!”

17. Met dié antwoord was die opperpriesters, saam met die koninklike hoëpriesters, dit ook volkome eens en hulle het dadelik begin te beraadslaag oor `n politiek vriendskaplike gesantskap.

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205