`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 226

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die provinsies word aan Hanoch ontrou. Die vorming van die leër van vyf miljoen man teen die hooglanders. Die vergeefse aanval op die hoogland

(15 Februarie 1844)

226 In die kortste tyd het die verre provinsies van Hanoch, deur die gebod om te vervloek, ervaar dat dit met die opperpriesters self in Hanoch sleg begin te gaan, deurdat hulle deur die kosbare afkoop van die slawe, so enorm bedrieg was. Daarom het sulke provinsies opgestaan en was aan Hanoch ontrou.

2. Toe die opperpriesters in Hanoch dit verneem het, was die gort gaar! Want mense het aan hulle berig, dat die afvalligheid van die afgeleë provinsies, deur intriges van die hooglandbewoners veroorsaak was, en `n soortgelyke berig was genoeg om hierdie opperpriesters geheel en al in rasende woede te laat ontsteek.

3. `n Hele dag het hulle geloei en gebrul deur alle stege en strate, en slegs één roep het mens verneem tussen die geloei deur en die het gelui: “Staan op, alle bewoners van Hanoch, tot `n honderdvoudige wraak teen die hooglanders en teen alle lande wat deur die intriges van die hooglanders teen ons in verset gekom het!”

4. Die volgende dag het die rekrutering begin, en elke man, as hy nie van die hoogste adel was nie, moes na die wapens gryp. Selfs die vroulike geslag was nie daarvan uitgesonder nie.

5. Binne enkele dae was `n slagvaardige leër van vyf miljoen soldate uitgerus. Die wapens het bestaan uit lanse, swaarde, buig- en vuurbukse soos wat die ou Turke dit gehad het in die tyd van hulle eerste oorloë, toe hulle met koeëls van klippe geskiet het, want die buskruit was al onder koning Dronel, `n seun van Ohlad, uitgevind en was onder Kinkar sterk verbeter. Die vrouens het slegs ligte wapens gekry; dit was in die meeste gevalle ligte sabels en dolke.

6. Toe die leër gereed was, het die opperpriesters heeltemal in die volle krygsuitrusting verskyn en die volgende bevel gegee: “Die helfte van hierdie mag sal hom begewe, onder ons persoonlike leiding, ter allerstrengste tugtiging van die opstandige provinsies! Daar mag geen lewe gespaar word nie; almal moet val deur vuur en swaard!”

7. Op die kommando word die geweldige leër in twee gedeel, en twee-miljoen-vyfhonderd-duisend soldate het opgetrek teen die opstandige provinsies. `n Netso groot menigte verkry die bevel om op te trek teen die hooglanders. Maar hoe? Dit was nou `n ander vraag!

8. Die bevelvoerende opperpriesters besluit uiteindelik dat die berge deurgesteek moes word. Ten behoewe daarvan word aan `n mag van honderd-en-vyftig duisend man beveel om graafwerktuie te neem en skagte deur die berge te grawe. Ingenieurs moes dadelik hulle meettegniek toegepas het, en die werk was met vreeslike bedrywigheid aan die gang gesit.

9. Op vyfhonderd plekke was die berge oopgebreek en daar was twee tot drie duisend vadem diep skagte gemaak in `n horisontale rigting, maar die mense het nêrens aan `n einde gekom nie.

10. Toe het die ingenieurs nogeens gemeet en ontdek dat hulle hulle skagte veels te laag aangesit het. Daarom was daar op hoër geleë punte nuwe skagte gegrawe, en dit het die vlakte van die hoogland bereik.

11. Maar aangesien die bewoners van die hoogland baie goed deur middel van hulle spioene waargeneem het waar die Hanochiete skagte geslaan het, het hulle presies bereken waar hulle moes uitkom. Op sulke plekke het hulle hoë houtstapels gemaak en dit aangesteek wanneer die Hanochiete deurgebreek het.

12. Rook en vurige damp het toe die skagte gevul en duisende en duisende Hanochiete het verstik; selfs verskillende opperpriesters is as veldhere by hierdie ekspedisie om die lewe gebring.

13. Toe was `n aanval op die hoofpoort drie keer gedoen, maar altyd beslissend afgeweer en die oorgeblewe deel van die leër moes toe na twee jaar van vergeefse stryd, onverrigter sake en met skande belaai huiswaarts keer.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205