`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 228

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die krygsraad van die tien leiers in die hoogland oor Hanoch. Die goeie woorde van die bode van die Heer. Duisend spioene van Hanoch by die hooglanders

(20 Februarie 1844)

228 Die een bode van Noag het nog by die tien in die hoogland gebly en hulle steeds as goeie raadgewer gedien.

2. So was Gurat, die voormalige onderpriester, ook vir bepaalde dinge deur die tien geraadpleeg.

3. En die tien het `n raadsvergadering byeengeroep en beraadslaag wat hulle nou teen Hanoch moes onderneem.

4. En die bode van Noag het die volgende raad gegee: “Laat Hanoch nou vir wat hy is, want van nou af aan sal hy julle nie meer lastig val nie, omdat hy deur julle teenstand die totale onmoontlikheid leer ken het om julle ooit te kan oorweldig! Maar die Heer God Sebaot sal hierdie stad wel sonder julle toedoen op `n manier straf dat hulle sal val soos `n verotte boom in die bos!

5. Bly julle nou soos wat julle is, dan sal die Heer julle in die toekoms seën en julle heerlike land uitbrei en so vrugbaar maak dat dit vir honderdmiljoen mense voedsel in oorvloed sal voortbring! En as Hy die boosdoeners op die hele aarde ook sou wil bereg en doodmaak, dan sal Hy julle ewenwel spaar, as julle ooreenkomstig my raad in Sy orde sal bly.

6. Maar as julle daarop uittrek en oorlog voer met die volkere van Hanoch en met die volkere van die baie ander stede en lande, dan sal dit met julle, saam met hulle, baie sleg gaan wanneer God vanuit Sy ou toorn die hele slegte wêreld sal bereg!

7. Dit was egter my laaste raad aan julle, want my tyd het verstryk en ek moet weer teruggaan na waar ek vandaan gekom het. Dink steeds aan hierdie raad, dan sal julle barmhartigheid vind voor God; maar as julle anders handel, dan sal julle ook deur die oordeel insien dat ek `n ware bode van die ewige Heer vir julle was!

8. Julle vrye wil sal nie die minste beperking daardeur opgelê word nie, want niemand het die reg om die vrye wil van sy broers, in watter opsig ookal, te beperk nie, maar dié reg het die Heer aan elke mens vir homself alleen gegee. En so kan elke mens sy wil vir homself inperk soveel as wat hy wil; hoe meer hy dit sal doen, soveel te beter sal dit vir hom wees! Om dié rede gee ek julle dan ook slegs hierdie raad, maar julle kan doen wat julle wil!”

9. Na hierdie woorde was die bode deur die krag van God gegryp en vinnig op die ou hoogte na Noag weggevoer.

10. Daardie skielike verdwyning van hierdie bode, wat buitengewoon deur die tiental asook deur die hele volk van die hoogland geag was, het `n magtige indruk op die tien gemaak en hulle het in hom `n waaragtig goddelike gesant erken.

11. Al sy woorde wat hy in die loop van etlike jare tot hulle gespreek het, was weldra op goed gepolyste goue plate geskryf en kry toe ook krag van wet vir die hele hoogland.

12. Vir vyf jaar het dit goed gegaan; maar daarna wou die Heer hulle versterk in hulle vertroue tot Hom deur `n klein beproewing, en dit was voldoende om `n groot aantal ontrou te maak aan hulle vroeëre deugde.

13. Die proef het uit niks anders bestaan nie as dat die hooglandbewoners `n groep van duisend spioene, wat deur Hanoch na die hoogland gestuur was, gegryp het en dit nog teenaan die hoofpoort.

14. Hierdie spioene moes met die tiental vrye onderhandelings aanknoop en verkeer tussen Hanoch en die hoogland moontlik maak. Dit moes hulle openlik in die mou voer; maar in die geheim moes hulle die magsposisie van die hoogland ondersoek, en of die hooglanders deels skuld het aan die heeltemal ontrou word van die afgeleë provinsies en die leër wat daarheen gestuur is.

15. Maar aangesien die tien verfynde slimmerikke was, het hulle die geheime rede van hierdie spioene spoedig deursien en wel op die eenvoudigste manier in die wêreld.

16. Want hulle het aan die duisend gesê: “Julle is al lankal aan ons verraai; verberg daarom maar niks vir ons van wat julle heimlik in die mou voer nie! Wie van julle met `n leuen betrap word, word onmiddellik oor hierdie hoë rots na benede gegooi en sal sy graf vind in die aangrensende bodemlose meer daar benede aan die voet van die rots!”

17. (Want die groot rots waarop die kasteel van die tiental gebou was, het in die laagste deel van die vlakte van die hoogland aan `n baie diep meer gegrens, wat `n omvang gehad het van byna drie uur deurgaans.)

18. Tien van die vernaamste spioene het as getrou en waar aangegee dat hulle niks heimliks in die mou gevoer het nie. Hulle was drie keer ondervra en aangesien hulle by hulle eerste verklaring bly volhard het, was hulle dadelik na die rots wat hom bo die meer bevind het, gebring en nog eenmaal ondervra en ten sterkste bedreig.

19. Maar omdat hulle hulle eerste verklaring bevestig het, in die vaste oortuiging dat hierdie bedreiging slegs `n politieke kunsgreep van die tiental was, was die eerste onmiddellik na benede gegooi.

20. Dit het die ander nege met doodsangs vervul en hulle het begin om die waarheid te bely.

21. Toe hulle klaar was, was hulle weer teruggebring en moes nou die hele Hanoch tot in detail verraai.

22. Sommiges was bietjie terughoudend, maar van hulle was een dadelik weer na die rots gebring en na benede gegooi. Dit het die monde van almal onmiddellik geopen.

23. Eers toe Hanoch op hierdie wyse geheel en al verraai was, was alle ander, op tien na, van die rots gewerp; die tien was met die berig daaroor na Hanoch gestuur en moes aan die opperpriesters duidelik maak hoe spioene uit Hanoch in die hoogland beloon word.

24. Wat daar verder gebeur het, sal die vervolg toon.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205