`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 229

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die oorleg en die planne van die magtigste party in Hanoch. Die nuwe gesantskap na die hoogland. Die vrywillige onderwerping van Hanoch aan die hooglanders

(21 Februarie 1844)

229 Toe die tien in Hanoch aangekom het en aan die opperpriesters berig het wat die duisend man sterk afvaardiging in die hoogland oorgekom het en wat die tien heersers van die hoogland aan hulle gesê het, het die opperpriesters van die een party tekere gegaan.

2. Maar die opperpriesters van die teenparty, wie enkele jare gelede self die eer gehad het om die strategiese wysheid van die hooglandbewoners te beproef, het gejuig oor die mislukking van hierdie poging; en aangesien hulle nou geweet het dat Hanoch kompleet verraai was en die tiental in die hoogland goed op die hoogte was van die vyandige tweespalt tussen die opperpriesters, het hulle aan die raad van die bode van Noag gedink en het onder mekaar besluit om die raad op te volg.

3. Hulle het met mekaar beraadslaag en gesê: “Wat sal ons doen? Tot nou toe het ons nog steeds die grootste mag in die hand gehad! Ons weet wat die duisend, wat ons vyandiggesind was, op die hoogte gesoek het. Hulle wou die mag van die hoogland ondersoek en nog ander dinge; maar eintlik wou hulle `n verbond met die hooglandbewoners teen ons gesluit het.

4. Daardeur het hulle ten eerste gedink om ons in die noute te dryf, en ten tweede met die geleentheid, die hooglandbewoners te verswak en so twee vlieë met een klap tegelyk te slaan. Maar die tien in die hoogland was meer uitgeslape as hierdie verskimmelde vegtende opperpriesters en het `n geweldige streep deur hulle rekening getrek!

5. Nou het die saak by ons gelê! Ons sal die raad van die hooglanders opvolg, vir sover dit nou nog op te volg is! Ook al kan ons die doodgestenigde bode van die ou hoogte nie meer tot koning oor die hele Hanoch maak nie, dan sal ons egter tog hierdie hoogste waardigheid van alleenheerser aan een van die tien verleen, of aan iemand wie hulle daartoe sal benoem! Ons sa, soos tot nou toe, sy veldhere bly; die fanatici sal egter self hulle gesigte van toorn oopkrap!

6. Nou gaan dit om `n gekose afvaardiging! Hoe sal dit wees as een van ons, met `n passende aantal gedeputeerdes, op pad gaan en die tien in die hoogland die groot goue sleutels oorhandig en die duisend krone van Hanoch, wat gelukkig in ons hande is?!” (Die duisend krone was nog afkomstig van die voormalige duisend raadshere.)

7. Dié voorstel was onder algemene goedkeuring aangeneem, en een baie welsprekende opperpriester het die missie op hom geneem. `n Honderd gedeputeerdes van die agtergeblewe opperpriesters van die party van die veldhere, het hierdie opperpriester na die hoogland gevolg en het die voornoemde kleinood van die staat op honderd kamele agter hulle laat aandra.

8. In die hoogland aangekom, was die hele karavaan onder streng bewaking na die tiental gelei.

9. Toe hulle die een opperpriester in die oog gekry het, het hulle eerste woede hulle begin roer en een van hulle het gesê: “Het ons nou eindelik `n offisiële gesagdraer in ons mag, om ons ou wraak te kan afkoel?!”

10. Maar die opperpriester het gesê: “So sal dit nie gaan nie! Want ook na ons, net soos na julle, was `n versoenende bode vanuit die ou hoogte gestuur; hy het ons raad gegee en ons is nou hier om die raad op te volg!

11. Die bode was helaas gedood, hoofsaaklik deur ons heerssugtige, fanatieke opperpriesters, en wel in die tyd waarin julle verlang het dat hy alleenheerser oor die hele Hanoch sou word.

12. Maar juis in dié tyd het ons onsself afgeskei van die party van fanatieke opperpriesters, al ons strydkragte byeengebring, `n deel van die groot leër geneem om die afvallige provinsies te bestry en met een deel moes ons, om die fanatieke opperpriesters tevrede te stel, `n skynaanval teen julle onderneem, wat ons egter wel duur genoeg te staan gekom het.

13. Ons het egter tog die goeie doel daarmee bereik, dat ons daardeur die mag in ons hande gekry het en nou, reeds sedert enkele jare, die heersers van Hanoch is; die eintlike opperpriesters is nou ons grootste vyande en bring in die geheim voortdurend strydkragte byeen om ons te probeer oorval.

14. Omdat ons nou egter nog ten volle die heersers van Hanoch is en die sleutels en die kroon in die hande het, het ons dit, volgens die raad van die bode uit die hoogte, saamgebring om dit aan julle te oorhandig! Dit is nou aan julle om `n koning oor Hanoch aan te stel wat dan alleen sal heers; en ons sal sy getroue knegte wees!

15. Hier is nog honderd gedeputeerdes aan my sy wat die volle waarheid van my verklaring sal bekragtig, en op die rûe van die kamele sal julle die welbekende duisend krone en die goue sleutels van Hanoch vind; ons staan almal met ons lewe in vir die waarheid van alles!”

16. Nou het die tiental baie anders gereageer en het dadelik `n groot raadsvergadering byeengeroep. Wat daaruit voortgekom het, sal duidelik word!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205