`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 232

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Gurat se onthaal in Hanoch. Die goeie wette van Gurat vir Hanoch. Die party van die rebelse opperpriesters en hulle kalmering

(26 Februarie 1844)

232 Toe die gesantskap met die nuwe koning in Hanoch aangekom het, was hulle deur die ander opperpriesters, wat tot die party van die helde behoort het, plegtig ontvang en was dadelik as koning en enigste heer aan alle grotes van Hanoch voorgestel. Hy het die huldiging aangeneem en die ou troon van Lameg in die ou kasteel bestyg, terwyl die skynkoning nog in die nuwe goue kasteel gebly het.

2. Hy het die helde-opperpriesters met alle militêre mag na hom toe getrek en het dadelik nuwe wette uitgevaardig wat baie doelmatig was, natuurlik vir die wêreldse burgerdom.

3. Alle diefstal en alle roofregte moes ophou, en wie `n slaaf gehad het en hom nie dadelik vrygelaat het nie, was in die eerste geval van oortreding tot `n aansienlike goudstraf veroordeel, en in `n tweede geval was `n lewenslange gevangenisstraf sy deel.

4. Maar wat het die ander party van opperpriesters gesê oor die optrede wat vir hulle volkome onverwags was? Hulle het moord en brand geskreeu oor hierdie gruweldaad, het in aller yl hulle dertigduisend man bestaande reserwemag byeengebring en wou die boosdoeners te lyf gaan.

5. Maar `n nugter priester wat op die punt gestaan het om opperpriester te word, het voor die woedende skare opperpriesters getree en gesê:

6. “Luister na my, magtige dienaars van die gode! Voor julle `n tree versit om wraak te neem, moet julle eers bereken hoe dertigduisend man hom tot `n miljoen en meer kan vergeld?! As laasgenoemde ons maar net strak sal aankyk, dan het hulle ons al verslaan!

7. Dink tog nie aan wraak, noudat dit nie meer moontlik is nie, maar dink aan vlug, of aan `n minlike skikking!

8. Want wie die mag in die hande het, is die heerser; en vir diegene oor wie hy hom verhef, bly daar niks anders oor nie, as om hom heeltemal gehoorsaam oor te gee of, wanneer daar nog tyd is, te vlug! Maar ek meen dat dit in dié geval verstandiger sal wees om die eerste bo die laaste te verkies; want vir sover ek te wete gekom het, is alle poorte swaar bewaak, en dit sal moeilik wees om oor die groot stadsmuur heen te kom.

9. Dit is daarenteen baie maklik om `n vriendskap met die nuwe koning te sluit. Ekself sal die taak op my neem! Gurat was my grootste boesemvriend; hy sal my nog ken en ek is daarvan oortuig dat hy na my sal luister, julle in julle amp sal bevestig en julle nog menige voordeel sal laat toekom.

10. Kom julle nou egter teen hom in opstand, noudat hy reeds ingehuldig is en in volle mag heersend op die troon sit, dan sal ons almal daarby ons lewens verloor; en ek vra my af waarvoor ons wraakneming dan goed was.

11. Wat het dit voor sin om in woede te ontsteek oor `n kolkende waterstroom wat geswolle is en sy oewers verniel en die land en sy vrugte beskadig?! Wie sal so dwaas wees om hom woedend in sy magtige golwe en vloed te stort in die mening om, deur middel van sy spierkrag, die stroom teen te hou en te tugtig?!

12. En sien, dieselfde is hier die geval. Hoe kan ons verset pleeg teen die groot mag van Gurat? As ons dit gaan doen, dan sal hy dadelik die hele magtige stroom van sy mag oor ons heen lei, en ons sal almal ten gronde gaan!

13. Dit is my raad en my gegronde insig; doen nou wat julle wil!”

14. Hierdie woorde het op die gloeiende opperpriesters ingewerk soos `n vinnige reënbui, wat hulle behoorlik afgekoel het; en in plaas van om uit wraak ten stryde te trek, het hulle `n vergadering byeengeroep en beraadslaag hoe hulle op die beste manier in die wêreld, vir Gurat kon huldig.

15. En die een raadgewende onderpriester het gesê: “Laat dit maar gerus aan my oor! Môre sal ek na Gurat gaan en met hom onderhandel, en julle kan daarvan verseker wees dat hy julle met baie klein veranderings in julle waardigheid sal bevestig!”

16. Daarmee was die opperpriesters tevrede en die raadgewer het daarop onmiddellik na die koning gegaan.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205