`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 235

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die verslag van die nuwe hofraadgewer aan koning Gurat en sy tevredenheid daaroor. Die benoeming van die onderpriester tot opperpriestergeneraal

(1 Maart 1844)

235 Toe die raadgewende onderpriester by Gurat aangekom het, het hy hom dadelik gevra watter sake hy by die opperpriesters gedoen het.

2. En die onderpriester het met `n hoogs verheugde gesig gesê: “My koning, my heer en my vriend! Ek sê: “Die beste in die wêreld! Jy is nou heeltemal meester oor hulle! Al hulle skatte behoort aan jou; dit bestaan, soos wat jy ook weet, uit duisend paleise, en in elke paleis het `n voorraad van minstens honderdduisend pond goud gelê, dubbel soveel silwer, edelstene en nog `n onskatbare hoeveelheid ander skatte en kosbaarhede, wapens en mondvoorraad. Ek vra jou of jy daarmee tevrede is?”

3. En Gurat het gesê: “As dit so is, en as jy dit deur jou welsprekendheid tot stand gebring het, dan is jy nou reeds my eerste raadsman aan die hof! Maar praat verder en sê my openlik wat jy alles by die opperpriesters bewerkstellig het!”

4. En die onderpriester het gesê: “My koning, my heer en my vriend! Dit sou jammer wees vir my tong om dit verniet te belas!

5. Sien, hier het ek immers die hele bespreking skriftelik op `n goudblad en deur alle opperpriesters onderteken; dit is tog sekerlik meer as my eie tong! Neem dié buitengewoon belangrike dokument, lees dit en jy sal alles daarin vind oor wat en hoe ek in jou naam met die opperpriesters onderhandel het! Ek dink dat jy alle rede sal hê om tevrede met my te wees!”

6. Hierop het die onderpriester die dokument aan Gurat oorgedra wat dit hardop voorgelees het aan alle aanwesige helde-opperpriesters.

7. Hulle het van vreugde hulle hande geklap en het gelag en gejuig oor die behaal van so `n kosbare oorwinning oor hulle vyande, en dit slegs deur die skranderheid van hierdie geslepe onderpriester.

8. Maar Gurat het aan die onderhandelaar gevra: “Maar vriend, jy het onlangs vir my gesê dat `n mens die voorwaardes deur die opperpriesters moes laat opstel, natuurlik met die voorbehoud van die koninklike interdikreg ingeval die voorwaardes nie gepas het in die planne van die koning nie; maar uit die dokument kan ek duidelik aflei dat jy dit eintlik slegs gedikteer het, en die opperpriesters genoodsaak was om die deur jou opgestelde voorwaardes aan te neem, of hulle dit nou wou of nie! Ons het nou weliswaar die dokument in die hand, maar hoe sien dit eintlik met die tevredenheid van hierdie opperpriesters daaruit?”

9. En die onderpriester het gesê: “Ja, as jy op die eintlike tevredenheid van die opperpriesters wil let, dan mag jy wel dadelik die koningskap neerlê, maar jy moet dan wel jou vriende al vooruit vermoor; dan sal jy die opperpriesters tevrede stel, en deur niks anders nie! 

10. Vriend, die oorwinnaar mag nooit aan die oorwonne vra nie: “Is jy tevrede met my oorwinning oor jou?”, want oor die oorwinning op sigself sal die oorwonne wel nooit tevrede wees nie! Daarom moet die oorwinnaar dadelik die wet voorskryf en sê: ‘So moet dit wees en so wil ek dit hê!” Vir die oorwonne moet egter slegs die versoek oorbly!”

11. Van alle kante het hierdie woorde groot byval gevind en Gurat benoem daarom hierdie onderpriester dadelik tot opperpriestergeneraal en tot sy eerste hoof, hof- en geheime raadgewer.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205