`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 236

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die opperpriestergeneraal by die opperpriesters. Die mislukte oorval van die rebelle en hulle degradering tot onderpriesters. Die benoeming van die onderpriesters tot opperpriester

(2 Maart 1844)

236 Vir die onderpriester het die koning daarna kleding vir hom as opperpriestergeneraal laat maak en hom voorsien van `n benoeming met koninklik gesag, eiehandig op goudblad geskryf en daarna onderteken deur alle helde wat vroeër opperpriesters was.

2. Voorsien van hierdie oorkonde, het die onderpriester hom in generaalsklere geklee en dadelik na die opperpriesters gegaan.

3. Toe hulle hom so ontsettend mooi uitgedos in die oog gekry het, was hulle boos en het geroep: “Dus is dit so?! Ook jy was `n skelm in ons midde?! Waarlik, daar mog met ons gebeur wat wil, vir hierdie misdaad sal jy deur ons opperpriesters met die dood bestraf word! Julle, ons getroue onderpriesters, gryp die ondier en gooi hom saam met sy generaalsklere in die afgrond waarin `n vuur brand!”

4. Met hierdie oproep het die generaal kwaad geword en het hardop met `n gebiedende stem geroep: “Halt! Terug, julle duiwels! Hierdie oproep, hierdie oordeel het nog gekort vir julle totale ondergang!

5. Kyk, hier is die dokument van die koning met die handtekeninge van al julle vyande en verderwers! Volgens hierdie oorkonde is ek wat ek is: `n Gevolmagtigde generaal oor julle almal!

6. Hier onder my kleed is die swaard van die koning as teken dat die koning ook julle ellendige duiwelslewens in my hande geplaas het, soos wat die dokument bewys! Begryp julle duiwels my?!

7. Buite staan vierduisend geharnaste stryders! Een teken van my, en julle lê binne enkele oomblikke in stukke gekap in hierdie saal, waarin julle soveel gruwels uitgevoer het en nog meer helse planne oorweeg het!

8. Helaas moes ek as onderpriester julle duiwelse geslepenheid lank genoeg aanskou; maar dié tyd is verby, en nou is die satansrolle en die satansonsin van julle, duiwels, verby! Van nou af aan sal alles anders word!”

9. Hier het die generaal skielik sy swaard te voorskyn getrek, `n teken gegee en binne `n oomblik het geharnasde soldate met glansende, magtige swaarde en lanse die saal van alle kante binnegedring.

10. En die generaal het nou op honende toon aan die ontsetting gevulde opperpriesters gevra: “Nou, waar is julle getroue onderduiwels nou, sodat hulle my kan gryp en vervolgens na die vuur sleep?!

11. Ek vra julle nou: Wil julle julleself nie wreek op die skelm in julle midde nie? Het julle geen sin meer daarin nie? Julle aarsel? Is ek dan nie hier nie?!”

12. Maar die opperpriesters skuimbek tegelyk van woede en doodsangs, want hulle het gedink dat hulle verlore was.

13. Die generaal het egter gesê: “Werklik, as julle nie so deur en deur sleg was nie, sou ek julle aan stukke laat kap het, maar julle is te sleg vir die edele swaard! Maar ek sal julle omkeer en ek maak julle tot onderpriesters en julle getroue onderpriesters tot opperpriesters! En so geskied dit!”

14. Hierop begin die opperpriesters te kerm, maar die onderpriesters het die generaal toegejuig. Die opperpriesters moes hulle klere met die onderpriesters wissel en dadelik het hulle wonings betrek, en die onderpriesters die van die opperpriesters.

15. En so eindig dié tafereel.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205