`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 237

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die opperpriestergeneraal in die kasteel van die skynkoning. Die bloedige onderwerping van die hoëpriesters en die onttroning van die skynkoning

(4 Maart 1844)

237 Na hierdie operasie het die generaal enkele van die soldate saamgeneem na die kasteel van die skynkoning, waarin die “alwetende” hoëpriesters ook gewoon het, wat hierdié keer egter, saam met hulle godkoning, nie geweet het wat bokant hulle hoof gehang het nie.

2. Toe die generaal daar aangekom het, het hy dadelik verlang om tot die koning toegelaat te word.

3. Maar die hoëpriesters het hulle verset teen dié versoek van die generaal, want hulle het, nog net soos die koning, niks van die veranderings geweet wat daar in slegs enkele dae in Hanoch plaasgevind het nie.

4. Maar die generaal het hulle daarop beveel: “As julle my nie oombliklik tot die koning toelaat nie, sal julle deur hierdie soldate in klein stukkies gekap word!”

5. Maar toe die hoëpriesters wat die koning bewaak, hierdie bedreiging van die generaal hoor, was hulle kwaad en het die onder hulle klere verborge dolke getrek en geroep: “Wreek die misdadiger wat die goddelikheid van die koning skend!” Met hierdie uitroep wou hulle hulleself in al hulle woede op die generaal stort.

6. Toe het die generaal teruggewyk en die groot en sterk geharnaste swaardvegters gebied om die hoëpriesters in stukke te kap.

7. En die swaardvegters die klein skare hoëpriesters dadelik opgekap en drie van hulle van kop tot toon in stukke gekap en het sewe baie swaar verwond.

8. Toe die nog ongeveer dertig oorgeblewe hoëpriesters gesien het wat die generaal maak, het hulle neergeval en gesmeek om gespaar te word.

9. En die generaal het sy soldate teruggeroep en aan die smekelinge gesê: “Gee ten eerste julle wapens af en open dan die poort vir my, sodat ek by die koning kan kom! Wat daar verder met julle sal gebeur, sal julle in die kamer van die koning te hore kry!”

10. Na hierdie baie skerp uitspraak het die smekende hoëpriesters dadelik hulle dolke weggegooi en die saal waarin die, heeltemal in goud geklede, koning die troon bestyg het, geopen om hulle daar te ontvang en om hulle te vra wat hulle op hulle hart gehad het.

11. Toe die generaal by die trappies van die troon aangekom het, het die vrypostige verbaasde koning gevra: “Mens, jy sterflike dier, wat wil jy so brutaal van my hê, jou god, jou ewige heer, wie se troon sedert die ewigheid van goud is? Wil jy `n barmhartigheid van my of `n straf hê?”

12. En op `n ironiese toon het die generaal gesê: “O god, heer en koning! Kyk, ek wil niks meer en niks minder hê as dat jy nou afstand doen van jou ewigheid en jou goddelikheid en ook so `n burgerlike mensedier word soos wat elkeen van ons dit is! Wat hierdie kasteel en hierdie ewige goue troon betref, dit behoort al aan iemand anders! Kom daarom maar `n bietjie na benede! Hier sal jy dan jou goue kleding vir baie gewone burgerklere omruil om dan met jou hele aanhang na buite om in die vars lug in te gaan!”

13. En die “god” het tande gekners van woede: “Gaan daar uit, gaan daar uit, anders laat ek vuur van die hemel reën!”

14. En die generaal het glimlaggend gesê: “O, o, dit moet jy nie skielik doen nie! Want jy sou die see immers aan die brand kan slaan en ook die aarde; en dit sou tog ewig jammer wees! Sien, sien, jy klein godjie, wat net jy nou sou bewerkstellig! Kom daarom maar goedsmoeds na benede, anders moet ek jou deur hierdie onaangename geeste daar laat afdra!”

15. Nou het die koning met sy voet gestamp en `n paar agter die troon versteekte natuurtowenaars het rook gemaak en gloeiende kole omhoog gegooi.

16. Maar die generaal het gelag en beveel om die onaangename godjie van sy troon te haal. Dit het onmiddellik gebeur en die slegte vuurmakers het hulle met hulle gloed verspreidende panne vinnig uit die voete gemaak.

17. Hierdie onttroning het spoedig `n algemene hilariteit (gespot) in die stad veroorsaak.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205